Strzelecki-egpaar se aanvallers vandag terug in die hof
Strzelecki-egpaar se aanvallers vandag terug in die hof

Strzelecki-egpaar se aanvallers vandag terug in die hof

Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle in 2017 ’n bejaarde egpaar, mnr. Siegfried (81) en me. Rosvietha Strzelecki (79), in hul huis op Swakopmund aangeval en Rosvietha vermoor het, se verhoor sal vandag in die Windhoekse hoërhof hervat.

Rosvietha is tydens die huisbraak verwurg en is op die toneel dood. Siegfried het die aanval oorleef, maar is ’n paar dae ná die aanval aan ’n beroerte oorlede.

Die moordbeskuldigdes, mnre. Simon Jerobeam (26) en Fabian Lazarus (28), het aan die begin van hul verhoor onskuldig gepleit.

Die derde beskuldigde, mnr. Daniel Stefanus (26), het in Februarie 2019 uit polisieaanhouding ontsnap en is nog nie weer vasgetrek nie.

Die saak was geskeduleer om gister te hervat, maar is tot vandag uitgestel aangesien Jerobeam se regshulpverteenwoordiger siek is en eers vandag in die hof kan verskyn.
[email protected]


FOTO
Die twee mans wat 'n bejaarde paartjie in 2017 in hul huis in Swakopmund vermoor het, se verhoor hervat vandag in die Windhoekse hoërhof. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!