Strzelecki: Verdediging misluk in binneverhoor
Die verdediging se versoek op ’n binneverhoor om die toelaatbaarheid van ’n verklaring te bepaal, se uitspraak was ten gunste van die staat.
Kristien Kruger
Twee van die drie beskuldigdes in die Strzelecki-moordverhoor het gister uitspraak ontvang op ’n binneverhoor oor die toelaatbaarheid van ’n verklaring wat een van die beskuldigdes na sy inhegtenisneming afgelê het.
Regter Christie Liebenberg het beslis die verklaring is toelaatbaar.
Mnre. Simon Jerobeam, Fabian Lazarus en Daniel Stefanus, staan tereg op ’n klag van moord en poging tot moord op 'n bejaarde egpaar van Swakopmund, mnr. Siegfried (81) en Roswitha (79) Strzelecki. Hul staan ook tereg op ’n klag van aanranding en diefstal.
Stefanus het in Februarie 2019 uit polisieaanhouding ontsnap en is nog op vrye voet.
Lazarus se verteenwoordiger, mnr. Milton Engelbrecht, het aangevoer die verklaring wat Lazarus op 4 Augustus by ’n polisiekantoor op Swakopmund afgelê het, moet ongeldig verklaar word.
Tydens die binneverhoor het Lazarus in sy saak getuig en die staat het twee polisiebeamptes as getuies geroep wat teenwoordig was toe hy die verklaring afgelê het.
Volgens Lazarus het die polisie hom aangerand en gedwing om die verklaring te gee. Hy beweer ook sy regte is nooit aan hom verduidelik nie.
Engelbrecht het aspekte van die dokument onder die loep gebring soos die onduidelike skrif en die afwesigheid van die Oshiwambo-tolk wat tydens die verklaring gebruik is, se handtekening op sommige van die bladsye.
Liebenberg het in sy uitspraak gesê Lazarus se getuienis is teenstrydig en dit bring sy geloofwaardigheid in gedrang, terwyl die twee staatsgetuies se weergawes ooreengestem het.
Liebenberg het ook beslis daar is nie genoegsame bewyse om sy weergawe van gebeure te ondersteun nie.
Die binneverhoor is voltooi en die hoofverhoor sal op 17 Februarie hervat. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie