Strzelecki-verhoor hervat November
Strzelecki-verhoor hervat November

Strzelecki-verhoor hervat November

Kristien Kruger
Kristien Kruger – Hoewel die verhoor van die moord en poging tot moord op 'n bejaarde egpaar van Swakopmund, mnr. Siegfried (81) en Roswitha (79) Strzelecki, geskeduleer was om gister in die hoërhof in Windhoek te hervat, nadat dit Maandag uitgestel is, kon die verhoor weer eens nie voortgaan nie.

Een van die beskuldigdes, mnr. Simon Jerobeam, se regsverteenwoordiger, me. Lilian Mbaeva, het Maandag die hof ingelig dat sy van die saak gaan onttrek, maar reeds met 'n ander prokureur gereël het om die saak oor te neem.

Sy het aan regter Christie Liebenberg gesê die nuwe verteenwoordiger is op datum met die saak en die verhoor kon gister voortduur.

Dit was egter nie die geval nie.

Jerobeam se nuwe regsverteenwoordiger was gister teenwoordig, maar het 'n aansoek om uitstel ingedien omdat hy nie gereed was vir die voortsetting van die verhoor nie.



VYF GETUIES MOET WAG

“Ek was nie oor die saak ingelig nie, ek het nie die dossier ontvang nie en het nie geleentheid gehad om met my kliënt te konsulteer nie,” het hy gister in die hof gesê.

Die staatsaanklaer mnr. Mathino Olivier het sowat vyf getuies gehad wat buite die hof gewag het om te getuig.

“Dit is betreurenswaardig, want ons is gereed om voort te gaan, maar dit is onontkombaar,” het hy gesê toe Liebenberg sy mening oor die uitstel gevra het.

Roswitha is tydens die huisbraak in 2017 verwurg en vermoor en Siegfried is ná die voorval in die hospitaal aan 'n beroerte oorlede.

Jerobeam en sy medebeskuldigdes, mnre. Fabian Lazarus en Daniel Stefanus, staan tereg op een klag van moord, poging tot moord, aanranding en diefstal. Stefanus het in Februarie 2019 uit polisieaanhouding ontsnap en is nog op vrye voet.

Liebenberg het die verhoor tot 15 November uitgestel.

[email protected]

FOTO
Die moordbeskuldigdes mnre. Simon Jerobeam en Fabian Lazarus sal weer op 15 November in die hoërhof in Windhoek verskyn. Die derde beskuldigde, Daniel Stefanus, is steeds nie vasgetrek nie. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!