Student dood in kerk in Nicaragua
Student dood in kerk in Nicaragua

Student dood in kerk in Nicaragua

Minstens een student is dood in 'n aanval op 'n kerk waar tientalle betogers skuiling gesoek het nadat meer geweld in Nicaragua in Sentraal-­Amerika uitgebreek het.

Die BBC berig dat die studente, wat deelgeneem het aan betogings op die dag van 'n nasionale staking, aangeval is deur semimilitêre magte, waarna hulle Vrydagaand in die kerk vasgekeer is.

Betogers dring daarop aan dat pres. Daniel Ortega bedank.

Meer as 300 mense is reeds dood in die afgelope maande se betogings teen die regering.

In die nuutste konflik was 'n groep van sowat 150 studente in 'n kerkgebou in Managua, die hoofstad, saam met priesters en joernaliste vasgekeer.

The Guardian berig dat diegene binne die kerk deur die nag geweerskote gehoor het.

“Ek het hulp nodig om hierdie stop te sit,” het Erick Alvarado Cole, die plaaslike priester, getwiet.

“Dit is asof hulle al die studente wil vermoor,” het nog 'n priester, Raul Zamora, aan 'n plaaslike radio­stasie gesê.

Reuters berig dat Nicaragua sedert April deur onluste geteister word toe die president voorgestel het dat pensioenvoordele verminder moet word om 'n tekort op die begroting vir bestaansekerheid te dek. Die plan, wat intussen afgeskaf is, het betogings aangevuur en gelei tot eise vir Ortega se bedanking en 'n vroeë verkiesing.

- Netwerk24/Reuteres

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!