Studente by afgeleë /Ai-/Ais in kwarantyn
Wat vir ’n groep studente ’n blye tuiskoms in Namibië moes wees, het vanweë hul kwarantynomstandighede in ’n studie-nagmerrie ontwikkel.
Ronelle Rademeyer – ’n Groep van 31 gestrande Namibiërs wat Maandagmiddag op ’n spesiale huurvlug vanaf Johannesburg in die land aangekom het, moes tot hul skok uitvind ’n elf uur lange busrit tot by /Ai-/Ais in die verre Suide lê vir hulle voor.
Met hul aankoms sesuur gisteroggend by dié oord van Namibië Wildlife Resorts (NWR), moes hulle boonop vasstel daar is geen WiFi nie.
Onder die groep is 16 studente wat daagliks aanlynklasse het, navorsing op die internet moet doen en take aanlyn moet indien.
’n Ontstoke ouer met wie Republikein gister gepraat het, sê die groep gestrande Namibiërs moes Maandag om 08:00 reeds by Namibië se hoë kommissariaat aanmeld, van waar hulle later per bus na die OR Tambo Internasionale Lughawe geneem is.
“Hulle het net voor vyfuur Maandagmiddag by Hosea Kutako Internasionale Lughawe geland en twee ure later het hulle met die bus Suide toe vertrek, waarna hulle eers elf ure later by hul bestemming aangekom het,” het die ouer vertel. Sy wil nie haar naam genoem hê nie.
Sy sê die #GetUsHome-veldtog onder aanvoering van FlyWestair en die Okanti-stigting van me. Michaela Tietz Von Leipzig het geweldig baie moeite gedoen om die gestrande Namibiërs te repatrieer.
Volgens Tietz Von Leipzig is hulle as organiseerders van die veldtog deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ingelig die terugkerendes sal by lodges en akkommodasiegeriewe “in en om Windhoek” in kwarantyn geplaas word.
Die eerste groep wat op 28 April teruggekeer het, is na Gross Barmen buite Okahandja geneem om daar 14 dae in kwarantyn deur te bring.
Die ontstoke ouer sê /Ai-/Ais is gans te ver weg van Windhoek (700 km) dat hulle vir hul kinders noodsaaklikhede soos warm klere, vars produkte soos vrugte en tweepunt-kragproppe kan neem sodat hulle hul selfone kan laai.
Benewens die feit dat die oord nie oor WiFi beskik nie, is die sein baie swak en is dit feitlik onmoontlik om die internet te gebruik. “Die kinders het met Suid-Afrikaanse simkaarte in hul selfone hier aangekom. Ons kan nie by hulle uitkom om vir hulle Namibiese simkaarte te gee nie,” sê sy.
’n Student het op voorwaarde van anonimiteit haar verknorsing in ’n teksboodskap beskryf: “Ek het teruggekom huis toe om naby my ouers te wees en in staat te wees om aanlyn met my studies voort te gaan. Aanvanklik is vir ons gesê ons sal in kwarantyn geplaas word op ’n plek waar daar WiFi is. Nou is dit nie die geval nie. Dit plaas ons in ’n baie moeilike posisie.”
Nóg die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, nóg die nasionale koördineerder van die Covid-19-taakspan, dr. Bernhard Haufiku, kon teen druktyd gister vir kommentaar hieroor op hul selfone bereik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie