Studente kry net helfte van belofte
Studente kry net helfte van belofte

Studente kry net helfte van belofte

Die NSFAF betaal net N$5 000 eerder as die beloofde N$10 000 per student.
Tunohole Mungoba
Tunohole Mungoba - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal net N$5 000 elk vir nie-onderrigverwante uitgawes aan studente oorbetaal, het die hoof van menslike kapitaal en korporatiewe sake, mnr. Olavi Hamwele, eksklusief aan MyZone bevestig.

“Die aanvanklike aankondiging (N$10 000 elk) was bedoel om studente met e-onderrig te help, maar daardie spesifieke besluit moet nog deur die komitee vir die landswye e-onderrigstrategie bekragtig word,” sê hy.

“Nogtans is dit nodig dat ons die studente minstens iets gee om te help met hul uitgawes soos vervoer, verblyf en elektroniese toestelle. Gebaseer op die fondse wat ons op die oomblik be­skikbaar het, kan ons net N$5 000 per student bekostig.

“Meer finansiering sal beskikbaar gestel word sodra ons dit ontvang,” sê hy.

Terselfdertyd het die fonds reeds sy streekkantore toegemaak vanweë die nasionale noodtoestand.

Hamwele sê die NSFAF het sy aanlyn-prosesse vir interaksie met studente verfyn.

“Ons moedig studente in die streke aan om ons te nader en dan sal ons 'n span na daardie spesifieke streek uitstuur,” sê hy.

Vir nou moet studente deur middel van die NSFAF-webwerf met die fonds kommunikeer, sê hy.

Namibiese studente in die buiteland wat geldelike hulp benodig, moet die naaste Namibiese ambassade of hoë kommissariaat benader.

“As studente in ander lande kwessies ondervind, moedig ons hulle aan om dit aan te meld en vir hulp aansoek te doen.

“Ons beleid oor finansiering vir buitelandse studie bly onverandered,” sê hy.

Hamwele voeg by dat NSFAF daaraan werk om klasgeld uit te betaal. “Dit is baie belangrik vir studente om op datum met die betaling van klasgeld vir hoër onderrig te bly,” sê hy.

Volgens die NSFAF se rekords is geen ou skuld uitstaande nie, sê Hamwele.

Die fonds het ook 'n studie uitgevoer oor die NSFAF se voortbestaan as 'n staatsonderneming of die moontlike terugplasing van die fonds onder direkte beheer van die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing.

Die studie is afgehandel, maar “tans is ek nie by magte om oor die verslag te praat nie.

“Die bevinding van die studie word nog afgewag en moet nog bekend gemaak word,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!