Studente maak stem dik
Studente maak stem dik

Studente maak stem dik

Augetto Graig
Tussen 400 en 500 studente het Woensdag Windhoek en Oshakati se strate ingevaar om hul misnoeë met die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) se verminderde hulp aan nuwe studente vanjaar te kenne te gee.

Die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) het die optogte gereël.

“Ons sal nie toelaat dat 12 000 studente in ons toesig op straat gelaat word nie,” het Nanso se president, me. Ester Simon, gesê.

Die optog volg op ’n aankondiging vroeër vandeesmaand dat NSFAF slegs 3 000 nuwe studente vanjaar sal finansier, en boonop geen beroepsopleiding- of nagraadse studente nie.

Sowat 12 000 studente wat wel daarvoor kwalifiseer, sal nie vanjaar gehelp kan word nie.

Die studente het ’n lys eise aan verteenwoordigers van die NSFAF en die ministerie oorhandig.

Daarin dring hulle onder meer daarop aan dat die NSFAF alle uitstaande klasgeld en ander skuld sedert 2017 voor 15 Junie moet betaal.

Hulle eis ook dat die 12 000 studente se studies betaal word, dat die NSFAF se raad vervang word en dat die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, bedank.

Die studente wil ook hê alle visvangkwotahouers en myne in Namibië moet 5% van hul winste aan studentefinansiering afstaan.

Indien nie aan hul eise voldoen word nie, sê die studente in hul versoekskrif dit “sal ons dwing om ons geheime meganisme in werking te stel om die moord van ons jeug se toekoms en die nasie te keer”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!