Studente met suur aangeval
Vier Amerikaanse uitruilstudente is Sondag by 'n treinstasie in Marseille, in die suide van Frankryk, met suur aangeval.
Volgens die Franse televisiekanaal BFMtv het 'n “onstabiele” 41-jarige vrou Sondag vier Amerikaanse uitruilstudente, wat tussen Parys en Marseille gereis het, by die St. Charles-stasie met soutsuur aangeval.
Twee van die studente het brandwonde in die gesig opgedoen en twee van hulle is op hul bene beseer.
Al vier die studente is van die Boston College en tussen 20 en 21 jaar oud.
Die vrou wat hulle na bewering aangeval het, het op die toneel gebly ná die aanval en het vir die polisie foto's van haar eie brandwonde gewys voordat sy in hegtenis geneem en toe gehospitaliseer is.
Die Daily Mail berig sy het 'n skoonmaakmiddel gebruik wat soutsuur bevat.
'n Woordvoerder van die polisie in Bouches-du-Rhône het gesê twee van die vroue se wonde is by die hospitaal behandel en twee van hulle het aan skok gely.
Die Boston College het volgens CNN in 'n verklaring gesê dat die studente veilig is en dat hulle en hul ouers met die Franse owerhede en die Amerikaanse ambassade in kontak was oor die voorval.
Courtney Siverling, Charlotte Kaufman en Michelle Krug studeer in Parys en Kelsey Kosten studeer by die Copenhagen-sakeskool in Denemarke.
Siverling het op Facebook almal bedank vir hul gebede en ondersteuning. Sy sê sy en haar vriendinne is almal veilig en dat sy nie beseer is nie en het die Franse polisie bedank.
“Ek bid dat die aanvaller van haar siekte genees word en die vergifnis en verlossing van Jesus ontvang,” het sy in 'n plasing op Facebook gesê.
Volgens CNN was die aanval nie 'n geval van terrorisme nie. – Netwerk24/CNN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie