Studente-skouspel: waar is die vroue?
Studente-skouspel: waar is die vroue?

Studente-skouspel: waar is die vroue?

Sewesrugby
NAMPA
Voorbereidings vir die 2018 Wêreldstudentekampioenskap in sewesrugby, wat op Swakopmund aangebied word, is in 'n gevorderde stadium.

Mnr. Werner Jeffery, voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee van die Sportvereniging vir Tersiêre Instellings van Namibië (Tisan), het in 'n onderhoud met die nuusagentskap Nampa gesê die organisering is op koers vir die agtste weergawe van die wêreldtoernooi.

“Tot dusver het 20 spanne aangedui dat hulle in die manstoernooi wil deelneem, terwyl 12 lande belangstel om vrouespanne te stuur. Die wedstryde sal by die Swakopmund-stadion gespeel word,” het hy gesê.

Tisan het reeds twee keer proewe vir die manspanne gehou, met nog een binnekort waarin spelers ook betrek word wat buite Namibië studeer en speel.

Jeffery het erken hulle sukkel om vrouespelers te vind – vandaar die besluit om die Internasionale Universiteitsportfederasie (Fisu) te versoek dat Namibië sy nasionale span vir die toernooi mag gebruik en nie net bona fide studente nie.

Die toernooi word deur Tisan namens Fisu aangebied.

Dit sal van 12 tot 14 Julie 2018 plaasvind en meer as 300 spelers sal na verwagting deelneem.

Die vorige toernooi is in 2016 in Swansea, Wallis gehou, waar die Namibiese studentespan vir Italië in die plaatfinaal geklop het om in die vyfde posisie te eindig.

Volgens Jeffery wil Namibië 'n span saamstel wat vir die goue medalje meeding, ondanks die feit dat die meeste van 2016 se spelers nou in die nasionale oefengroepe ingesluit is, benewens 'n speler soos Lesley Klim wat intussen 'n beroepskontrak by 'n Engelse klub beklink het.

Jeffery het die korporatiewe wêreld aangemoedig om aan boord te kom en die geleentheid te ondersteun, aangesien sewes 'n sterk rol in die ontwikkeling van rugbyspelers speel.

Hy het ook aangekondig dat Air Namibia reeds as borg betrokke geraak het deur bekostigbare tariewe vir Europese en Afrika-studente te bied, ongeag of hulle die toernooi as spelers of ondersteuners wil bywoon.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!