Studie onthul ‘verstommende’ Namibiese miskruiers
Met dié studie doen ’n Namibiese student tans baanbrekerswerk met kennis van hoe miskruiers as aanduiders van ekologiese balans en wanbalans in Namibië kan dien.
Elvira Hattingh - ‘n Studie oor Namibiese miskruiers, wat deur Nedbank Go Green Fund gefinansier is, het gelei tot die ontdekking van spesies wat wetenskaplikes tot dusver geglo het nie plaaslik voorkom nie.
Die studie het ook bygedra tot kennis op die gebied van die ekologie van Suider-Afrika se miskruiers.
Die betrokke studie is deur ‘n Namibiese student aan die Universiteit Stellenbosch, me. Heather Nependa, onderneem.
Met dié studie doen sy tans baanbrekerswerk met kennis van hoe miskruiers as aanduiders van ekologiese balans en wanbalans in Namibië kan dien.
Nependa, wat tans haar meestersgraad in entomologie doen, beskryf dié insek as ‘n robuuste “aanwyser” wat Namibiërs kan help om die uitdagings te verstaan van die land se brose ekostelsels as dit by klimaatsverandering kom.
“’n Groter verskeidenheid miskruierspesies is ‘n aanduiding van ’n stabiele en ongeskonde landskap.”
Tot dusver het weinig studies miskruiers se status, diversiteit en ekologie in Namibië ondersoek.
Nependa se werk het reeds gebrekkige kennis van dié insekte in Namibië aangevul.
Uit die resultate blyk dit ‘n klein verlies van miskruierspesies kom op die plase, wat deel van die projek vorm, voor in vergelyking met monsters wat in bewaringsgebiede geneem is.
‘WERK WAT NIEMAND WIL DOEN’
Nependa sê miskruiers behoort meer waardeer te word vir die instrumentele rol wat hulle in gesonde landskappe speel.
“Hoewel hul leefstyl vreemd en ‘n dalk walglik mag voorkom, is die werk wat hulle doen noodsaaklik vir die funksionering van ‘n ekostelsel,” sê sy.
Sy verduidelik die diereryk lewer sóveel mis op ‘n daaglikse basis dat dit vergelyk kan word met die water wat elke dag by die Victoriavalle vloei.
“Sonder miskruiers sou die planeet met mis bedek gewees het. Afgesien daarvan dat hulle mis verwyder, is hul werk ook van groot ekologiese belang. Mis bevat voedingstowwe wat, wanneer miskruiers dit begrawe, as ‘n belangrike bron van bemesting vir plante dien,” het Nependa gesê.
Volgens haar is een van die hooffunksies van die miskruier om sade te versprei.
Dié rol is so belangrik dat ‘n sekere plantspesie, Ceratocaryum argenteum, sade met ’n slegte reuk voortbring, met die doel om miskruiers om die bos lei sodat hulle dié sade ook sal begrawe.
“Wat selfs nog meer merkwaardig en vreemd is, is hul beheptheid met mis. ‘n Enkele olifantmishoop kan tot 4 000 miskruiers in slegs 15 minute lok,” het sy gesê.
Nependa sê miskruiers het ook gespesialiseerde rolle – sommige is rollers, ander tonnelgrawers en ander gewone inwoners.
“Die rollers maak ronde bolle uit die mis en rol dit weg. Dit word dan begrawe om later eiers in te lê.
“Tonnelgrawers duik reguit in ‘n mishoop in. Gewoonlik bestaan hulle uit ‘n mannetjie- en wyfiespan. Hulle grawe tonnels onder ‘n mishoop. Die wyfie bly dan binne-in die tonnel en verwerk die mis. Die mannetjie hou aan heen en weer skarrel vir mis.
“Die inwoners bly net in die mishoop. Vroulike inwoners lê hul eiertjies in die misbolle en as die kleintjies uitbroei, eet hulle die mis rondom hulle.”
GROOT WAARDE
Nependa het na ‘n onlangse studie in Engeland verwys, waarin bevind is die werk wat miskruiers daar doen in terme van die opruiming van weivelde, asook grondbemesting, is gelyk aan sowat 370 miljoen Britse pond per jaar.
“In Afrika is daar ’n verstommende verskeidenheid. Hier word altesaam 5 700 spesies aangetref,” het sy gesê.
Die doel van Nependa se projek, getiteld “Miskruiers as aanwysers van ekologiese stoornisse in Namibië oor 'n hulpbron- en grondgebruikgradiënt”, is om te beklemtoon hoe broos Namibiese ekostelsels is en hoe ontwrigting hiervan tot Namibië se algehele ekostelsel kan deurdring.
“Miskruiers is ‘n omgewingsensitiewe spesie en word deur plantdigtheid en diversiteit geraak, maar ook deur die beskikbaarheid van mis. Gevolglik beteken dit dat hulle ‘n aanduiding kan gee van die gehalte van hul habitat en hoe omgewingsveranderinge landskappe raak,” het sy gesê.
Sy het ook gesê afgesien van die feit dat miskruiers help dat die impak van klimaatsverandering gemeet kan word, is dit ook ‘n aanduiding van die doeltreffendheid van huidige bewaringspogings.
Nependa sê dit was moeilik om finansiering vir die studie te kry omdat dit nie op ‘n bekoorlike spesie fokus nie, maar Nedbank Go Green Fund het uiteindelik tot haar redding gekom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie