Stuit die stropers
Stuit die stropers

Stuit die stropers

Dani Booysen
Wetsoortreders is slim. Die oomblik wanneer hulle nuwe misdaadbekampingstegnieke in die gesig staar, pas hulle hul strategie daarby aan.

Dieselfde moet geld vir misdaadbestryding.

Binne net meer as ‘n week is drie renosters in Sentraal-Namibië deur stropers afgemaai. In die jongste drama het ook ‘n kalf weens stres gevrek en nog vier renosters is gewond. Daar was moontlike verdere verliese aangesien sekere diere steeds vermis was.

Dit is duidelik dat hierdie (onbedrewe) stropers op groot skaal wil werk.

Knap speurwerk het reeds tot aanvanklike inhegtenisnemings gelei. Hierdie werk word waardeer.

Voorvalle van renosterstropery het verminder sedert die polisie spesialiseenhede in nasionale parke ontplooi en met ‘n onthoringingsprojek begin het. Dit is byna Desember en die helfte minder diere is doodgemaak as verlede jaar. Die klaarblyklike gevolg is dat private wildplase makliker teikens geword het.

Die debat oor beheerde, wettige handel in renosterhoring bly polemies. ‘n Mens wonder of dit werklik die finale oplossing is.

Private gasteplase met renosters en ander beskermde wild sal dalk in gevalle meer in die beveiliging van hul grond moet belê.

‘n Ondersteuningsfonds hiervoor kan gestig word, met geld wat uit bestaande teenstroperyveldtogte toegewys word. Die proses om vir ‘n hulpsubsidie aansoek te doen, moet nie uitermate moeilik wees of deur burokrasie verlam word nie.

Namibië se plan teen stropery moet vloeibaar wees en maklik by nuwe uitdagings kan aanpas.

So sê ander

29 November 2017

MPs and Brexit: no hiding place for the facts

Brexit is the biggest decision that Britain has had to take since 1939.

It is ultimately parliament’s decision. To take it, parliament needs to know the terms of any deal, and the impact that will follow.

Hiding those facts from parliament and the public undermines the responsibility that rests on MPs.

British voters made a decision in June 2016. But they did not lay down the terms on which Brexit would take place.

This government has spent 16 months committed to foolish, disruptive and dangerous versions of Brexit of its own selection, on which neither the voters nor parliament have made a decision. The recklessness of the May government’s approach, refusing to consider forms of leaving that would better protect jobs and the economy, is impossible to ignore. Refusing to tell the truth to MPs is part and parcel of an approach that has failed and should end.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!