Stuit die verval
Soos reeds verskeie kere tevore, beskryf die kantoor van die ombudsman in ‘n nuwe verslag opnuut die toestande in Namibië se aanhoudingselle landwyd as uiters haglik.
Die meeste geriewe is oud en heeltemal oorvol. Algemene klagtes bestaan oor geriewe vir besoekers en mediese ondersteuningsdienste. Op Okahao is selfs verslag gedoen oor ‘n gebrek aan lopende water, elekstrisiteit en middagetes.
Hierdie probleem is reeds só lank ‘n werklikheid dat Namibiërs se enigste afleiding is dat geen doeltreffende en stelselmatige stappe gedoen is om dit op te los nie.
Die idee dat verhoorafwagtendes maar kan krepeer of solank gestraf word vir misdade waaraan hulle nog nie eens skuldig bevind is nie, het geen plek in ‘n verantwoordelike, maatskaplike demokrasie nie.
Die kantoor van die ombudsman wys ook op die vervalle toestand van talle skole en onder meer ‘n gebrek aan landlyne by sekere skole. Hierdie feite is soos ‘n tekort aan onderwysers en klasmakers, asook leermateriaal reeds lank alombekend.
Weer moet die belastingbetaler en ouer vra wat, indien enigiets, is gedoen om hierdie uitdagings te oorkom.
In die meer as 26 jaar sedert onafhanklikwording is groot bedrae in nuwe struktuur belê. Hierdie opening van nuwe geriewe, hetsy dit skole, klaskamers of klinieke is, word getrou in die media gedek.
Die ongelukkige teendeel – die verval en gebrek aan onderhoud – is selfs meer dikwels nuus.
Die beleid oor, en finansiering van onderhoud verg dringende aandag. Om nuwe geriewe te bou en dit wat reeds bestaan te laat verval, maak geen sin nie.
So sê ander
24 Julie 2016
Germany no longer immune
The investigation into the motive behind the shooting deaths of nine people in Munich will not yield quick answers.
What is the only truth so far is that this was the third attack on civilians in Western Europe in just over a week.
The Munich attacker did reportedly scream out something about hating foreigners. If so, that is another threat: the far right, which for years has been warning against “the Muslim danger” and calls to expel foreigners from Germany.
Germany, like many other countries, has not yet woken up from the sweet illusion that its streets, squares and markets – as well as trains, buses and the rest of its public space – are still safe to use. The country that took in over a million refugees has been lucky so far but the double attacks this week could be a harbinger of much worse to come.• SAUDI GAZETTE

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie