Stukrag vir Noordoewerdam
Die wiele rol vir nóg 'n groot opgaardam in die Suide.
Ronelle Rademeyer
Suid-Afrika en Namibië gaan 'n meer uitgebreide studie laat doen na die plan om 'n reusedam in die benede Oranjerivier te bou.
Die omvattende studie na die lewensvatbaarheid van dié nuwe dam enkele kilometer stroomop van Noordoewer, sal vanjaar uitgevoer word.
Mnr. Alpheus !Naruseb, minister van landbou, water en bosbou, het in sy begrotingsrede in die parlement gesê “'n volledige lewensvatbaarheidstudie sal in die 2018-'19-boekjaar deur Namibië en Suid-Afrika aangepak word”. Hy sê daarna “sal geld vir die bou van die dam nodig wees”.
Die studie volg kort op die hakke van die Neckartaldam, waarvoor die Namibiese belastingbetaler reeds sowat N$6 miljard opgedok het. Hierdie dam sal teen die tweede helfte van vanjaar voltooi wees.
!Naruseb het in sy begrotingsrede gesê nog N$623 miljoen word in die huidige boekjaar vir die Neckartaldam opsy gesit.
Sowat 46,4% van sy ministerie se totale begroting van N$2,137 miljard, oftewel N$991 miljoen, is vir die ontwikkeling van watervoorsieningsprojekte geoormerk. Ná die Neckartaldamprojek sy reusedeel opgeslurp het, kry die Windhoek-munisipaliteit N$108 miljoen om watervoorsiening in sentraal-Namibië te verbeter en N$260 miljoen gaan vir ander waterverwante ontwikkelings aangewend word.
Mnr. Percy Misika, permanente sekretaris van landbou, water en bosbou, het by navraag gesê 'n voorlopige studie na die lewensvatbaarheid van die dam in die Oranjeriver is al gedoen, maar daarin word aanbeveel dat dit na 'n volledige studie uitgebrei word om ook ander opsies te ondersoek.
Volgens vroeëre berigte deur die Suid-Afrikaanse media het die maatskappy AECOM, konsultante vir water- en energieprojekte, in 2016 die vorige lewensvatbaarheidstudie onderneem.
Dit blyk verder dié dam sal byna net so groot soos die Vaaldam wees en 'n kapasiteit van 2,8 miljard kubieke meter water hê. Die damwal sal tussen 35 en 73 m hoog wees. Die voorneme is om in 2024 met die bouwerk te begin.
Die doel van die dam is om ná die voltooiing daarvan watervoorsiening langs die benede Oranjerivier oor 'n tydperk van twee dekades te verbeter, het iol.co.za in 2017 berig.
Skriftelike vrae is vroeër die week oor onder meer die geraamde koste van die projek aan die direkteur van waterhulpbronbestuur in die ministerie, me. Maria Amakali, gerig. Sy het teen druktyd nog nie daarop geantwoord nie en kon ook nie op haar selfoon bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie