Stuur jou video – en wen gróót!
‘n Onvergeetlike belewenis in die natuur?
‘n Oomblik om te onthou by ‘n event, nuusgebeurtenis of dalk ‘n sportwedstryd?
Daardie kosbare – en soms skaterlag oomblikke saam met familie, vriende en die mens se beste vriend…
Skryf jou kitsfliek in vir Kletskompas se splinternuwe, interaktiewe videokompetisie en jy kan groot pryse wen saam met Republikein, Gondwana Collection, Home Corp, MultiChoice Namibia en Woermann Brock.
Agt gelukkige persone – deelnemers én lesers – kan pryse met ‘n gesamentlike waarde van meer as N$70 000 losslaan.
Die afdelings is:
1) Ons land, ons natuur
2) Ek was daar
3) Mense, hul diere en dinge
Vanaf Maandag 6 September wys ons elke dag een video in elke kategorie in ons program Kletskompas; elke weeksdag regstreeks om 11:00 op Republikein se Facebook-blad.
In ‘n uitklopproses, sal weeklikse en maandelikse wenners vanaf 13 September deur middel van SMS-stemme bepaal word totdat September, Oktober en November se drie finaliste in elke afdeling dit om 2021 se pryse sal uitspook. Die wenners word in Desember aangekondig.
Jou video kan kraakvars wees, of tot in 2019 terugdateer, maar mag nie ouer wees nie, en ook nie langer as 1 minuut nie. Die laaste dag vir inskrywings is 15 November 2021.
Stuur jou video met jou naam, asook besonderhede oor die wanneer, wanneer, wie en hoe met WhatsApp na 0811 7000 10, of e-pos dit na [email protected].
Deur in te skryf, erken jy dat die video jou eie is.
Woermann Brock borg inkopiebewyse vir die wenner in elke afdeling en een gelukkige leser wat tydens die volledige duur van die kompetisie ‘n SMS-stem in elke afdeling uitbring. Die totale waarde van die pryse is N$42 000.
Gondwana borg “Ons land, ons natuur” met ‘n naweek vir twee ter waarde van N$7 876 by een van die groep se premium-bestemmings.
Een persoon sal vir sy/haar SMS-stem in die kagetorie ‘n naweek vir twee by ‘n Gondwana avontuur-oord wen met die waarde van N$2 728.
Home Corp borg die pryse vir “Ek was daar”: ‘n kroegyskas, TV en mikrogolf ter waarde van N$11 000; en vir ‘n leser wat stem ‘n lekkerlêkooi ter waarde van N$8 999.
In die afdeling “Mense, hul diere en dinge” is die deelnemersprys ‘n volledig geïnstalleerde Explora-dekodeerder en een maand se Compact-premie (N$2 687). Die SMS-prys is ‘n hoëdefinisiedekodeerder met dieselfde bykomstighede (N$1 895).
Laat waai – en skakel Maandag op Kletskompas in om na die eerste kleinode te kyk wat ons reeds ontvang het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie