Stuur Suid-Afrikaners om by Nam te leer
Stuur Suid-Afrikaners om by Nam te leer

Stuur Suid-Afrikaners om by Nam te leer

Mandy Rittmann
MINA STELMA VAN DIE STRAND, SUID-AFRIA SKRYF:

Verlede maand het ons weer ons jaarlikse vakansie in Hentiesbaai deurgebring.

Met ons rit vanaf die Strand (SA) het ons in Mariental oorgeslaap. Weer eens was dit opmerklik in watter goeie toestand u paaienetwerk is, terwyl daar geen gemors (soos baie in SA voorkom) langs die hoofweg of selfs die woestynpad is nie. Ons het net op een plek 'n paar bierbottels langs die pad gesien en almal in ons voertuig se onmiddellike reaksie was dat dit Suid-Afrikaners se gemors was.

Die vriendelikheid en behulpsaamheid van al die Namibiërs wat ons teengekom het, gryp mens aan die hart.

By die Windpomp-eetplek (tussen Swakopmund en Hentiesbaai) was die vriendelike Herero-kroegman se woorde: "Ons sien alles op die TV wat in julle land gebeur; veral nou met parlementsopening se bakleiery. Dit maak ons bang, want Namibië en Suid-Afrika is mos een! Ons is bang die bakleiery spoel oor na ons."

Dit is absoluut waar wat hy gepraat het. Gemelde persepsie wat die buiteland van Suid-Afrika het, gaan beslis nie goed af nie.

Al is ek in hart en siel 'n trotse Suid-Afrikaner, voel ek dat die meerderheid van ons bevolking vir minstens ses maande na tipe kibboetse in Namibië gestuur word sodat my mede-burgers by die Namibiërs oor welwillendheid en werk kan gaan kers opsteek.

Tot volgende jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!