Subsidiu00ebring van vee-entstof sal miljoene kos
Subsidiu00ebring van vee-entstof sal miljoene kos

Subsidiëring van vee-entstof sal miljoene kos

Die regering kan nie bekostig om, soos in die verlede, entstowwe teen veesiektes te subsidieer nie.
Ronelle Rademeyer
Die herinstelling van die gratis immunisering van vee in Namibië teen miltsiekte (antraks) en besmetlike misgeboorte (brucellose) sal miljoene Namibiese dollar per jaar kos en die staat het nie tans die geld en mannekrag daarvoor nie.

Só lui die terugvoering deur die staande parlementêre komitee op natuurlike hulpbronne oor die kwessie.

Die komitee het ná ’n mosie verlede jaar in die Nasionale Vergadering (NV) deur mnr. McHenry Venaani van die DTA dat die regering die aankoop van entstof vir beide kommunale en kommersiële boere subsidieer, openbare vergaderings in verskeie streke gehou.

Venaani het versoek dat entstowwe soos Supavax en Brucella S19 teen antraks en brucellose gesubsidieer word – 80% in die geval van kommunale boere, 35% vir hervestigde boere en 10% vir kommersiële boere.

In hierdie stadium immuniseer die ministerie van landbou, water en bosbou diere net teen bek-en-klouseer en longsiekte en verskaf gratis hondsdolheidsimmuniserings aan katte en honde.

Boere moet egter self hul kuddes teen hierdie ander gevaarlike dieresiektes inent. Die entstowwe is baie duur en kos tussen N$680 en N$900 vir 100 ml.

Boere word nie toegelaat om hul diere by veilings te verkoop indien hulle nie teen hierdie siektes ingeënt is nie.

Me. Sophia Swartz, voorsitter van die staande parlementêre komitee op natuurlike hulpbronne, het verlede week in die NV gesê al die boere met wie die komitee oor die kwessie vergader het, verwelkom die voorstel van subsidies vir entstowwe.

’n Groot klagte van boere was die ministerie se afdeling vir landboutegniese dienste se swak dienslewering.

Van hulle voel dit is nodig dat hierdie afdeling, soos in die verlede, gesubsidieerde entstowwe en veevoere aanhou sodat boere dit daar teen bekostigbare pryse kan koop.

Verder voel hulle die regering moet dieregesondheidswerkers oplei om gemeenskappe oor die basiese tegnieke van immunisering touwys te maak.

Volgens Swartz voel die komitee egter dat die regering, ondanks boere se versoeke, in die huidige ekonomiese omstandighede nie die herinstelling van gesubsidieerde entstowwe kan oorweeg nie.

Sy sê volgens dr. Milton Maseke, hoof- veeartsenybeampte in die direktoraat veeartsenydienste, sal dit N$230 miljoen kos om Namibië se 2,9 miljoen beeste teen miltsiekte in te ent. ’n Verdere N$29 miljoen per jaar sal opgedok moet word om die 725 000 verse in die land teen brucellose in te ent.

In die kommunale gebied alleen is daar is 1,07 miljoen beeste, 26 000 skape en 774 000 bokke, sê sy.

“Hierdie is reusebedrae as dit teen ander belangrike prioriteite opgeweeg word.”

Die komitee beveel egter aan die ministerie, sou sy finansiële posisie dit toelaat, moet wel die herinstelling van hierdie subsidies oorweeg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!