Suburbs stuur waarskuwing met tempo
Afrigter Jacky Bock se manne het gewys hulle is van plan om vanjaar enduit tot in die finaal te gaan.
Andrew Poolman – FNB Western Suburbs het 'n stewige sprong vanaf die vyfde posisie tot tweede op die puntelys van die NRU premierliga gemaak en het Saterdag 'n boodskap aan sy uitdagers uitgestuur met sy vermorseling van Trustco United met 82-7.
Met twaalf drieë teen een het die Khomasdallers gewys dat hulle nie slapgelê het nie in die afgelope maande se tyd waarin rugby as kontaksport vanweë Covid-19 se derde golf verbode was nie, voordat klubs 'n paar weke gegun is om op die oefenveld hul sake agtermekaar te kry.
Talle van Suburbs se individue (en kombinasies) het hul hand opgesteek en gewys dat hulle oorgehaal is om die groen-en-wit streeptruie as die premierliga se wenkombinasie in 2021 te laat uitstyg.
Losskakel Justin Nel het met elf uit twaalf doelskoppe (22 punte) meedoënloos bygedra dat die telbord deurentyd al hoe meer onvleiend vir United daar uitgesien het. Talle van sy skoppe was van die linker- of regterkantlyn, maar het nie verhinder dat sy span se telling telkens in sewes bly aangroei het nie.
Die Filistyne (kampioene in die laaste voltooide seisoen 2019) bly onderaan die puntelys van agt spanne, maar het lanklaas só 'n drag slae gekry. Beserings, werkomstandighede en ander faktore het die blou span die afgelope tyd erg uitgedun en hoewel United steeds spelers het wat lede van die huidige nasionale oefengroep is, is hul oefenbywoning blykbaar veel swakker as wat met hul Suburbs-eweknieë die geval was.
Afgesien van die stewige United-voorry van Jason Benade, Gerhard Thirion (kaptein vir die dag) en Chris Swanepoel was daar min ander kombinasies van United wat op die dag kon saampraat.
Onder afrigterskap van Jacky Bock het Suburbs soos altyd 'n agterlyn teen wie enige opponent heeltyd in sy spore sal moet trap, tesame met 'n rykdom aan bedrywige losvoorspelers in die beginspan én op die reserwebank. Agtsteman Tjingairi Katjivi was 'n yster en later het 'n man soos Dhale Cloete ook gewys hoekom hy die rugbykykers van Khomasdal so opgewonde maak.
Suburbs, wat rustyd reeds op 28-7 sy opponent teen die planke gehad het, het met die byvoeging van sy reserwes in die tweede helfte nie die pas verslap nie en sy drieë het al hoe makliker gekom. Wie ook al in die agterste driehoek saam met vleuels Gino Wilson en Dumarcho Hartung was, het nooit gehuiwer om met teenaanvalle van skoppe die verdediging te laat rondskarrel nie.
Wilson, die spankaptein, en sy vleuelmaat Hartung het elkeen twee drieë gedruk. Die ander driedrukkers was skrumskakel AJ Kearns (2), senters Morgan Esterhuizen en Mbimbo Mbai, agtsteman Tjingairi Katjivi asook die plaasvervangers Vakomboka Kamboo, PJ Walters en Deveroux Jansen.
United se enigste driedrukker was Gerhard Opperman, die flank wat normaalweg 'n stut sou wees. Vir sy drie het die bloues met 'n lynstaandryf gevorder, voordat Opperman aan die steelkant 'n aangee gekry het om in die hoek oor te gaan.
• In die voorwedstryd het Suburbs se tweede span ook die reserweliga-wedstryd met 34-17 oorheers, te danke aan drieë deur heelagter Willon du Plessis (2), losskakel Geraldo Beukes, skrumskakel Moranzel Strauss en flank Rowan Jansen – almal spelers wat die afgelope jare reeds deur nasionale skole- en junior afrigters raakgesien is.
• Suburbs se opponente vir die volgende twee naweke is Reho Falcon (tuis) en Unam (weg), terwyl United teen Kudus (in Walvisbaai) en Wanderers (in Pionierspark) afsluit.
KUDUS-GERUG ONWAAR
Met net twee naweke se ligawedstryde bly oor voor die semifinale en eindstryd, is 'n storie die naweek in Windhoek versprei dat Kudus van Walvisbaai hom dalk vir die res van die jaar gaan onttrek.
Hierdie gerug is gister heftig deur Kudus se spanbestuurder, Armando Calasa, ontken. “Die mense lieg. Ons is reg vir ons twee wedstryde teen United en Grootfontein. Kudus sal nooit onttrek of terugstaan vir enige span nie. Die 'lockdown' het gemaak dat ons bietjie gesukkel het om weer ons oefensessies aan die gang te kry, but ons is verby dit en hard besig.”
Saterdag op Walvisbaai het Kudus III 'n wegholsege van 70-8 teen die besoekende Okahandja opgestapel, skryf Leandrea Louw.
Die wenspan se driedrukkers was Lorenco Calaca (stut, 2), Ashwin Nash (haker), Trevor Langenhoven (slot), Wayne Maasdorp en Gino Isaacs (senters) asook die plaasvervangers Algernon Kotze (heelagter), Ernesto Bampton (agtsteman, 2), Cossie Makgone (slot) en Ashley Maclobo (linkervleuel)
Die skrumskakel Llewelyn Koopman het met twee doelskoppe geslaag, sy plaasvervanger Percy Nash ook met twee en Algernon Kotze met twee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie