Suid-Afrika lig die grendel – so effens
Vanaf 1 Mei sal inperkingsmaatreëls weens Covid-19 in Suid-Afrika stelselmatig verlig word. Eers na vlak 4.
Hier is ‘n opsomming van pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging vanaand:
“Duidelike bewyse bestaan dat inperking werk, maar dit kan nie onbepaald volgehou word nie.”
“Ons kan nie nou stappe doen waaroor ons môre baie jammer sal wees nie.”
Die doel is om ‘n tweede, ekstreme inhokking te voorkom.
Regulasies sal volgende week gepromulgeer word ná hernude samesprekings met belanghebbendes.
Elke individu hou ander se gesondheid en toekoms in sy/haar hande – volg dus die reëls getrou.
Almal word versoek om maskers buite hul huise te dra.
VLAKKE VAN GEVAAR
5 Dramatiese inperking, soos huidig
4 Sekere aktiwiteite toegelaat, met ekstreme voorsorg
3 Verligting om bykomende sake- en sosiale aktiwiteite toe te laat
2 Verdere verligting, met beperkings op sekere ontspannings- en sosiale aktiwiteite
1 Oopstelling met streng gesondheidsmaatstawwe
Grense bly gesluit
Geen reise tussen provinsies, buiten noodgevalle
Almal moet steeds tuis bly sover moontlik
Skole en universiteite sal stelselmatig open afhangend van omstandighede
Byeenkomste van mense bly beperk buiten vir werk en begrafnisse
Drankwinkels, kroeë, sjebeens bly gesluit; ook teaters en bioskope; geen konserte, sport-, godsdienstige of kulturele byeenkomste
Die verkoop van sigarette sal beperk toegelaat word
Gevaarvlakke sal afsonderlik bepaal word vir stede en distrikte
Aankondigings hieroor sal volg
Graderings sal gebaseer word op voorkoms van Covid-19 en beskikbare gesondheidsgeriewe
BESIGHEDE
Ministers sal klassifisering vir heropening aankondig
Maatstawwe:
a Impak op ekonomie en besigheid
b Bydrae tot ekonomie
c Brood op die tafel vir werkers en afhanklikes
Werkplekke moet eers skoongemaak word
Werkers mag in groepe van een derde van arbeidsmag terugkeer
Volle produksie sal nie moontlik wees nie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie