Suid-Afrika onttrek sy atlete
Suid-Afrika onttrek sy atlete

Suid-Afrika onttrek sy atlete

Sport
Tielman van Lill
Suid-Afrika het sy deelnemers by die Streek 5-jeugspele in Maseru, Lesotho, weens ’n toename aan positiewe Covid 19-gevalle onttrek.

Die Suid-Afrikaanse Sportfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gister in ’n verklaring bevestig dat die nasionale span aan die Afrika-uniesportraad se jeugspele in Maseru onttrek is.

Luidens die verklaring het ’n aantal atlete van die Suid-Afrikaanse span ook positief vir die virus getoets.

“Die Covid 19-protokol van die Suid-Afrikaanse span het goed gewerk. Hierdie gevalle is goed vervat en beperk,” sê die Olimpiese liggaam in sy verklaring.

Saskok sê ná die situasie deeglik ondersoek is, insluitende konsultasie waar nodig, het die spanbestuurder besluit om die deelnemers huis toe te stuur.

“Die veiligheid van ons atlete is van die grootste belang vir ons en wil nie die risiko loop dat nog van hulle geraak word nie,” het Saskok afgesluit. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!