Suid-Afrikaanse nVis- en Seekos Kookboek rdeur Susina Jooste nen Henk Stander
Suid-Afrikaanse nVis- en Seekos Kookboek rdeur Susina Jooste nen Henk Stander

Suid-Afrikaanse Vis- en Seekos Kookboek deur Susina Jooste en Henk Stander

Jacqueline Louw
Hierdie is nie net ’n onontbeerlike gids vir die aankoop, voorbereiding en gaarmaak van varswater- en seevis en seekos nie, maar bied ook inligting oor die belangrike ontwikkeling van akwa­kultuur in Suid-Afrika.
Die boek is die samekoms van twee verskillende, maar verwante velde: Dié van akwakultuur (boer met en gebruik van vis) en kookkuns. Die oorvloed van vis- en seekosvoorraad in ons riviere en oseane is besig om vinnig te kwyn. Akwakultuur bied ’n manier om vis- en seekosvoorrade aan te vul sodat ons in die toekoms kan voorsien in die toenemende vraag daarna. Die boek verduidelik op ’n eenvoudige manier die proses van vis- en seekosvoorbereiding - ideaal vir Jan Alleman.
Die waardevolle riglyne oor wat om in ag te neem voordat jy vis of seekos aankoop en hoe om dit reg te bêre of vries voordat jy dit gaarmaak, sal enige huiskok vol selfvertroue laat.
Die skrywers sluit ook ’n handige afdeling in met stap-vir-stap-verduidelikings en foto’s wat presies wys hoe om vis te vlek en in filette of mootjies te sny, hoe om visaftreksel te kook en selfs hoe om lekker gerookte vis te maak. Die resepte is in twee oorhoofse afdelings verdeel - varswatervis en seekos en -vis.
Die Suid-­Afrikaanse Vis- en Seekos Kookboek (ISBN: 9780799374230) is deur Lapa vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2024-10-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 41° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 20° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 20° | 35° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 14° | 32° Henties Bay: 12° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:12, High tide: 04:24, Low Tide: 22:40, High tide: 16:38 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:22, Low Tide: 22:38, High tide: 16:36 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:21, Low Tide: 22:38, High tide: 16:35 Rehoboth: 13° | 30° Mariental: 14° | 31° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 12° | 23° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 12° | 17° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 15° | 26° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 13° | 18° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 36° Harare: 19° | 33° #N/A #N/A