Suid-Afrikaner vas vir heroïn
'n Suid-Afrikaner is op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met amper vyf kilogram se heroïn vasgetrek. Volgens die polisie is die 22-jarige Dludla Saeed Abdullah Vrydag omstreeks 20:10 met die dwelms met 'n waarde van byna N$2,5 miljoen vasgetrek. Hy is tans in aanhouding by die Windhoek Polisiekantoor.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie