Suid-Afrikaners dobbel R358 miljard ’n jaar
Suid-Afrikaners het in die boekjaar tot einde Maart 2016 R358,3 miljard gedobbel in wettige instansies soos casino’s, bingosale, op perdewedrenne en sport en by dobbelmasjiene met beperkte prysgeld.
Dit is volgens die Casinovereniging van Suid-Afrika (CVSA) se nuutste jaarsyfers oor die bedryf wat Woensdag in Fourways, Johannesburg, bekend gemaak is.
Verreweg die meeste geld – R126,6 miljard – is by casino’s in Gauteng bestee.
Landswyd het Suid-Afrikaners R276,47 miljard by casino’s gedobbel. Altesame R35,7 miljard is op perdewedrenne en sport gewed.
Die dobbelsektor se bruto dobbelinkomste (BDI) het in die boekjaar met 9,9% tot R26,3 miljard toegeneem. BDI is die geld wat invloei voordat uitbetalings aan wenners afgetrek is.
Die BDI vir casino’s het met 7,4% tot R18,5 miljard gestyg, wat deur die opening van twee nuwe casino’s – een in die Noord-Kaap en een in Limpopo – aangehelp is.
Die BDI van weddenskappe op perdewedrenne en ander sportgebeure het met 28,5% gestyg tot R4,4 miljard.
Die bingosektor is die enigste wat ’n afname in BDI getoon het – dit het met 16,1% tot R936 miljoen ingekrimp.
Danksy die groter inkomste het die dobbelbedryf 11,9% meer belasting en heffings van R2,8 miljard betaal. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie