Suid-Afrikaners voel 4de onveiligste ter wu00eareld
Suid-Afrikaners voel 4de onveiligste ter wu00eareld

Suid-Afrikaners voel 4de onveiligste ter wêreld

Wat algehele veiligheid betref, vaar Suid-Afrika die vierde swakste ná Venezuela, Afganistan en Gaboen.
Carryn-Ann Nel

Suid-Afrika is een van die tien lande ter wêreld waar inwoners die heel onveiligste voel, blyk uit ’n peiling.

Net 31% van Suid-Afrikaners voel veilig wanneer hulle saans buite loop. Daarteenoor voel 68% mense wêreldwyd veilig wanneer hulle saans buite loop.

Dit is van die bevindings van Gallup se Global Law and Order-peiling vir 2018, wat onder 148 000 mense in 142 lande gedoen is.

Deelnemers is onder meer gevra of hulle die polisie vertrou, veilig voel om in die stad of omgewing waar hulle woon te stap, of hulle of hul familie se geld of eiendom in die afgelope 12 maande gesteel is en of hulle in dieselfde tydperk aangerand of aangeval is.

ALGEHELE VEILIGHEID

Wat algehele veiligheid betref, vaar Suid-Afrika die vierde swakste ná Venezuela, Afganistan en Gaboen.

Oor hoe onveilig dit is om saans buite te loop is vyf Latyns-Amerikaanse lande die swakstes, gevolg deur Suid-Afrika in die sesde plek met 31%, en daarna Botswana waar 34% van die mense saans buite veilig voel.

Meer as tweederdes van die mense wêreldwyd sê hulle het vertroue in die polisie (69%) en voel veilig om saans buite te loop in die omgewing waar hulle woon (68%).

Slegs 13% van mense sê hul eiendom of dié van ’n familielid is gesteel, terwyl 5% sê hulle is aangerand of aangeval.

Singapoer is die land waar mense die veiligste voel en Venezuela se mense voel die onveiligste. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!