Suid-Kaap kan ineenstort as PetroSA moet sluit
Die Suid-Kaapse ekonomie sal meer as R1 miljard se verliese per jaar ly, het top-amptenare van die Sentrale Energiefonds (SEF) en PetroSA gesê.
Francois Williams – Dit sal PetroSA R9,8 miljard kos om te sluit, maar die risiko daarvoor bestaan wel - sy aardgasbronne aan die Suid-Kaapse kus sal teen Desember 2020 uitgeput wees, het die parlement Dinsdag gehoor.
PetroSA het tans net R2,4 miljard vir so ’n gebeurlikheid opsy gesit.
Dit kan drie tot vyf jaar duur om sy diepsee-infrastruktuur en sy gas-tot-brandstof-aanleg buite Mosselbaai finaal te sluit, maar dit sal tot die verlies van 1 200 tot 1 500 regstreekse werkgeleenthede lei en nog aansienlik meer onregstreekse werkgeleenthede. Dit sal die Mosselbaaise ekonomie in effek vernietig, want die gas-tot-brandstof-aanleg is die enigste groot bedryf in die omgewing.
Die Suid-Kaapse ekonomie sal meer as R1 miljard se verliese per jaar ly, het top-amptenare van die Sentrale Energiefonds (SEF) en PetroSA Dinsdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor minerale en energie gesê.
Die noodplan om die aanleg te red, is om dit te omskep sodat dit ook konvensionele ru-olie kan verwerk, het die SEF gesê.
Dit sal sowat $300 miljoen (sowat R4,4 miljard) kos om die omskepping te doen, maar dit kan die aanleg weer ekonomies mededingend maak. Die winsmarge op die raffinering van ruolie word op tussen $16 en $18 per vat gereken.
Die kostestruktuur van die aanleg sal verlaag moet word deur bestuursvlakke te verminder en duur steunfunksies uit te kontrakteer.
Tog waarsku die SEF elders in sy voorlegging aan die komitee dat daar steeds geen tegnies en ekonomies volhoubare langtermyn-oplossing vir die gas-tot-brandstof-aanleg is nie. PetroSA is naby aan negatiewe kontantvloei, en hy is nie in staat om sy langtermynplanne self te finansier nie.
Die gas-tot-brandstof-aanleg moet toenemend gaskondensaat invoer om die kwynende aardgasbronne aan te vul, maar dit is duur. Die kondensaat kos gemiddeld $3 tot $6 per vat meer as Brent-ruolie.
As deel van die strategie om PetroSA te red, wil die SEF hê PetroSA moet in die beoogde nuwe petroleumwet amptelik as staatsoliemaatskappy verklaar word sodat hy namens die staat belange kan besit in elke eksplorasiereg wat toegeken word aan private maatskappye wat na olie of gas aan die Suid-Afrikaanse kus of op land wil soek.
Die SEF stel strategiese vennootskappe met eksplorasiemaatskappye voor wat nuwe investering in eksplorasie vir olie en gas aan die Wes- en Ooskus van die land sal lok. Meer as R5 miljard se transaksies is tans op die tafel.

· Suid-Soedan
Die Strategiese Brandstoffonds, nog ’n filiaal van die SEF, het in Mei ’n eksplorasie- en produksiedeelooreenkoms met die Suid-Soedannese regering vir ’n eksplorasieprojek in dié land gesluit.
· Coega LNG
’n Finale beleggingsbesluit word in die 2020-’21-boekjaar oor die bou van ’n invoereindpunt vir vloeibare aardgas (LNG) by Coega in die Oos-Kaap verwag. Dit sal gas lewer aan die bestaande Dedisa-kragstasie by Coega, PetroSA se gas-tot-brandstof-aanleg by Mosselbaai, Eskom se Gourikwa-kragstasie daar, en nywerheidsgebruikers in Port Elizabeth, Oos-Londen en in die Coega-nywerheidsontwikkelingsone.
· Nuwe olieraffinadery in Richardsbaai
Lewensvatbaarheidstudies hieroor moet teen November klaar wees. Die doelwit van die nuwe raffinadery is om brandstof op Euro 5-standaard te lewer, want Suid-Afrika het ’n groeiende tekort aan Euro 5-brandstof en moet dit invoer. Die regering het in Mei met die Saoedi-Arabiese staatsoliegroep, Saudi Aramco, ’n ooreenkoms gesluit vir die bou van ’n raffinadery vir 300 000 vate per dag wat Arabiese ligte ruolie of ’n kombinasie van olies kan verwerk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie