Suide-boer ly vanweë waternood
’n Gemeenskap in die ||Kharasstreek sukkel met basiese instandhouding op hul plase.
Elizabeth Joseph – ’n Gestremde boer in die ||Kharasstreek naby Keetmanshoop se plaas is vir byna drie maande sonder water weens ’n gebreekte windpomp.
Mnr. Elmo Plaatjies het in 2009 sy regterbeen in ’n motorongeluk verloor. Hy sê dit is egter die minste van sy probleme.
“Ek moet toekyk hoe my vee swaarkry en doodgaan van die dors,” het hy gesê.
Plaatjies se plaas Nooitgedagt is sowat 45 km vanaf Bethanie op die grondpad na Berseba geleë.
Die werkers op Nooitgedagt moet glo daagliks sewe kilometer reis om 20 liter houers met water te gaan haal. Die houers word dan op donkies gelaai en na die plaas vervoer, waar dit dan tussen werkers en diere verdeel word.
Volgens Plaatjies ondervind hulle die afgelope sewe jaar gedurig probleme met ewater, maar dadels kom van gemeenskapslede se pleidooie.
“Ons gemeenskap kan nie meer aan die basiese instandhouding van ons plase voldoen nie. Ons kan weens die voortdurende waterprobleem geen gewasse plant om onsself te voed nie.”
“Ek het reeds verskeie rolspelers om hulp gevra. Ek het die ministerie van landbou, water en grondhervorming en die ||Kharasstreek se goewerneur, me. Aletha Frederick, gekontak – alles tevergeefs.”
’n Oplossing
Hoewel pogings aangewend is om die windpomp te herstel, is Plaatjies van mening die installasie van ’n water- of sonpomp bied ’n volhoubare oplossing.
“Op hierdie manier is dit ’n langdurige oplossing en hoef daar nie meer geld op die herstel of vervanging van die windpomp spandeer te word nie,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie