Suide is papsopnat
Volgens die Facebook-blad, Reën in Namibia, het verskeie gebiede in Namibië gister goeie reënvalsyfers aangemeld, veral die Suide, waar dit Maandag katte en honde gereën het.
Suide-inwoners het verheug op dié Facebook-blad verslag gedoen oor die gunstige reënvalsyfers in dié gebied.
Verskeie video’s is op die groep geplaas van riviere wat sterk vloei en paaie wat oorstroom het.
Keetmanshoop het voor 17:00 Maandagmiddag reeds 60 mm ontvang.
“My trane loop van blydskap,” het een groeplid geskryf. Die Guruchabrivier, ongeveer 68 km oos van Keetmanshoop op die Aroab-pad, was in volle vloed.
Ongeveer 18 km buite Koës het 18 mm reën geval. Intussen het 65 mm op die plaas Salamie in die Hardapstreek geval, en 90 mm op Rietkuil Pos naby die Swartrand in die Gibeon-distrik.
Op die plaas Arbeid in die Grunau-omgewing is 16 mm uit die reënmeter gegooi, hoewel dit vermoedelik meer in dié opvangsgebied gereën het. Op Goibib Mountain Lodge in die Karasberge het 45 mm reën geval.
Op Rehoboth is reënvalsyfers rondom 28 mm aangemeld en Omeya, 30 km suid van Windhoek, het 5 mm ontvang. In Windhoek het ligte buie ook deur die dag geval. In Kleine Kuppe is reënvalsyfers rondom 12 mm aangemeld, 35 mm in Cimbebasia en 19 mm in Academia. Ander woonbuurte, waaronder Avis, Eros, Ludwigsdorf en Suiderhof, het almal syfers onder 10 mm aangemeld.
DAMVLAKKE
Volgens die nuutste damverslag wat Namwater op 22 Desember uitgereik het, is die Hardapdam 34,6% vol, die Nautedam 75,5% en die Neckartaldam 11,4% nadat al drie dié damme Maandag en Dinsdag invloei gehad het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie