Suide kies Vrydag weer
Verkiesings op drie Suidedorpe asook Mariental se landelike-kiesafdeling word herhaal.
Elizabeth Joseph en Augetto Graig – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het bevestig dat nuwe verkiesings eerskomende Vrydag op Koës, Aroab, Stampriet en vir die Mariental Landelike-kiesafdeling sal plaasvind.
Die verkiesing volg op 'n hoërhofbeslissing wat laas jaar se poging om die gemeenskappe hul leiers te laat kies, nietig verklaar het.
Volgens die ECN se hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, vorder logistieke voorbereiding van die 21 stempunte betrokke by die verkiesings.
Nege mobiele stempunte en 12 vaste stempunte sal gebruik word.
Die aanstelling van stembeamptes is voltooi en opleiding van beamptes, politieke partye se verteenwoordigers en polisiebeampte betrokke duur sedert laas Saterdag tot vandag voort.
Stemmateriaal is op 19 Februarie versprei en word by nabye polisiekantore vir elke stempunt bewaar. Die ECN het ook genoeg voertuie verseker om die behoeftes van die verkiesing na te kom, sê hy.
Spanne sal ontplooi word om vanaf môre die stempunte te beman en voorbereiding te voltooi. Politieke partye en onafhanklike kandidate bly dieselfde as wat meegeding het in die betrokke 2020 plaaslike owerheid- en streekraadverkiesings.
In Aroab is dit die Landless People's Movement (LPM), die Popular Democratic Movement (PDM), Swapo en die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF) wat meeding.
Op Koës is die Independent Patriots for Change (IPC), die LPM, die PDM en Swapo se name op die stembriewe.
Swapo, PDM en LPM is in mededinging op Stampriet en vir die setel van die Mariental Landelike-kiesafdeling is dit die LPM, PDM, Swapo en mnr. Desmond Tjipanga as onafhanklike kandidaat.
Mnr. Andrey de Juy van die LPM op Aroab glo sy jong party het 'n goeie kans om nou 'n verandering te bring in 'n gemeenskap wat vir baie jare agterweë gelaat is.
“Dertig jaar ná onafhanklikwording sien ons nou dat daar verandering in die Suide gaan kom,” voorspel hy.
Projekte in voedselvoorsiening wat ook werk kan skep, laekostebehuising veral vir die jeug en 10 000 hektaar kommersiële kleinveeboerdery met toegang vir gemeenskapslede tel onder sy prioriteite, indien hy sou wen, sê De Juy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie