Suide pak behuisingnood
Suide pak behuisingnood

Suide pak behuisingnood

'n Waardige dak oor inwoners se kop is 'n doelwit waarna die Keetmanshoop-munisipaliteit sê hulle strewe.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die Keetmanshoop-munisipa­liteit sê by monde van een van hul bestuurslui hulle probeer hul bes om 'n waardige dak oor elke inwoner se kop te verseker.

“Behuising was nog altyd vir ons 'n groot prioriteit,” sê mnr. Jegg Christiaan, 'n senior bestuurder verbonde aan die plaaslike owerheid.

As deel van die Saambouprojek prio­ritiseer hulle tans tweeslaapkamerhuise teen 'n koste van N$80 000.

Christiaan sê die koste verteenwoordig “die totale leningsbedrag” wat 'n inwoner verskuldig is.

Wat hom betref, vermag hulle hiermee die “onmoontlike” – die prys sluit in 'n gedienste erf wat 300 vierkante meter beslaan, asook die boumateriaal en arbeid. “Dit is amper onmoontlik om te doen,” sê hy.

Hy skryf die sukses daaraan toe dat hulle regstreeks met bouers werk en nie met kontrakteurs nie. “Ons teiken klein, betroubare bouers en gee vir hulle die werk.”

Die strategie het ook volgens hom gehelp om die tyd wat dit neem om

die huise te bou, beduidend te verminder.

Hierdie ambagslui kan tussen twee en vier weke neem om so 'n tweeslaapkamerhuis van sy fondament tot by sy dak te voltooi, sê Christiaan by navraag aan Suiderland.



PENSIOENARISSE KRY VOORKEUR

Weens hul weerlose omstandighede probeer hulle die koste per huis vir pensioenarisse met N$20 000 verlaag tot N$60 000, sê hy.

Hy sê vir die 2018-'19-boekjaar het hulle daarin geslaag om sowat 20 huise met die skema te bou.

Die huise is hoofsaaklik in die woonbuurte Tseiblaagte en Krönlein, verduidelik die senior beampte.



Stedelike landbou belangrik

Christiaan sê hulle het weens die erge droogte wat die Suide allermins gespaar is, besef watter waarde ­vernuwing inhou.

In die afgelope 12 maande is vier voerkrale op Keetmanshoop alleen ontwikkel, sê hy.

Elkeen van dié krale het die vermoë om in die voerbehoeftes van tussen 1 000 en 2 000 beeste te voorsien, sê hy. “En ons was nie altyd groot op voerkrale nie. Die tyd is nou reg om te fokus op veevoer.”



Ander fokusgebiede

Volgens Christiaan wentel die dorp se ekonomie andersins om eiendom, ander landbouaktiwiteite, klein­handel en dienste.

'n Projek om straatligte op te rig, is ook reeds in die pylvak.

Die projek word teen 'n koste van N$3 miljoen opgerig “veral vir die veiligheid van ons mense”.

'n Totaal van 100 nuwe straatligte is opgerig terwyl 100 oues vervang is, sê Christiaan.

Hy sê vir die vier tot vyf maande wat die projek geduur het, is sowat 100 werksgeleenthede geskep.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!