Suide se mense kom tot wildeperde se redding
Augetto Graig
Die bekende wildeperde van Aus staar met die huidige droogte, droewige tye in die gesig. Maar gelukkig maak mense van die suide vinnig ’n plan wanneer die nood druk.
Toe die Namibië Wildeperde-stigting einde Februarie hulp gesoek het om agt ton veelek vanaf Windhoek na Aus te vervoer, was die perde se situasie reeds kritiek. Toe het Snyman Transport ingespring en die lek verniet vervoer, terwyl mnr. Jan van Blerk vir die koördinering daarvan gesorg het.
Vroeg in Maart was daar bietjie reën op die berge naby Garub en die perde is die hoogtes in. Die heerlike gras was omtrent tien dae volop maar toe was die perde weer op die natuur se genade.
Die stigting het ’n versoek vir drie tot vyfhonderd bale gras gemaak en dit was ook nie lank nie, of Sandune Lodge het ingestem om die gras te borg.
Die vervoer daarvan vanaf Mariental tot by Aus is gedeeltelik deur Absolute Logistics geborg.
Die stigting het ook vir mnre. Riaan Alberts en Holger Jensen uitgesonder vir hul bystand om tot die wildeperde se redding te kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie