Suide se water moet almal help
DEELWATER SKRYF:
Soms is dit nodig om reguit vrae te vra. Veral, wanneer dit nodig is.
Ek wil weet of NamWater die verliese wat die Hardapboere gely het, sal betaal vir die tyd wat hulle nie kon voortgaan om hul landerye te bedryf nie? NamWater het teen alle raad wat aan hulle gegee was water uitgelaat na die die Neckartaldam.
Eerstens was hul mikpunt nie bereik nie, want die water het nie die Neckartaldam bereik nie. Tweedens het die kanaal gebreek omdat dit leeg was, want die wande van die kanaal kon nie die druk van die Dabibrivier weerstaan nie, wat andersins heel moontlik nie sou gebeur het nie, sou die kanaal vol was.
Toe die kanaal die 12de Februarie gebreek het, het dit vir NamWater drie weke geneem om te mobiliseer voor die konstruksiespan kon begin werk. Nou neem dit vir hulle drie weke om die kanaal te herstel.
NamWater moet in die openbaar verskoning vra vir die ongerief en ook pa staan vir die verlies van winste en ook vir die koste van skoon water wat ekstra gebruik word vir tuine, wat gewoonlik met rou water instand gehou was.
Die hoofkantooramptenare wat die water laat vrygelaat het na die Neckartaldam, die Hardap-goewerneur en NamWater se hoof van suidelike operasies moet verduidelik waarom hulle die water uitgelaat het en hoe hulle die plotboere gaan tegemoet kom. Dis hoog tyd dat mense verantwoordelikheid moet aanvaar vir hul foute.
Wat die 70% maksimum water in die Hardapdam betref, wil ek 'n voorstel maak wat ook bekend is in die amptelike kringe.
Daar word tans voorgestel om die 70% na 80% of selfs 100% te verhoog. Alternatiewelik moet daar 'n "spilway" (uitlaat/oorspoel) gebou word wat die oormatige water sal weglei na 'n punt voorkant toe in die Visrivier.
Dit lyk na 'n oplossing sonder om water uit te laat uit die sluise (of net minimale uitlaat). My vraag is gemik op die 30% wat oënskynlik nie nodig is nie:
Hoekom kan die regering nie 'n kanaal of pyplyn laat bou vir ander landerye op 'n kleiner skaal verder suid van Mariental nie?
Sulke landerye kan voorsiening maak vir besproeiing op 'n kleiner skaal, veral vir ons ouens wat 10 to 20 hektaar grond wil gebruik om 'n veeboerdery op klein skaal te bedryf?
Is dit regtig 'n moeilike besluit? Is dit nie beter om omtrent 20 boere 20 hektaar grond te laat huur vir 30 of meer jare om so 'n besigheid te bedryf as om plase te koop vir hervestiging nie?
Die regering kan 'n gedeelte van die hervestigingsprogram se geld vir hierdie doeleinde gebruik. En hoekom ook nie dieselfde doen by die Nautedam nie?
Die skepping van kleiner skemas naby die oorspronklike groot skemas vir kleinskaalboere . . . Dit sal voedselselfversorging 'n hupstoot gee.
Geen baantjies vir boeties nie. Dit moet wees vir ernstige mense wees wat onderworpe sal wees aan 'n jaarlikse evalueringsproses vir die eerste vyf jaar en daarna elke vyf jaar vir die duur van die huurtydperk. Die verlenging van die huurkontrak moet alleenlik oorweeg word as iemand kaan bewys dat hy/sy of 'n venootskap suksesvol was in die eerste huurtydperk. Kom ons werk saam om 'n beter Namibië te skep deur gedagtes te ruil.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie