Suide stem vandag
Suide stem vandag

Suide stem vandag

Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop

Alles is gereed vir vandag se verkiesings vir die plaaslike owerhede in Koës, Stampriet en Aroab en die Mariental Landelike-kiesafdeling, volgens die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN).

Die herverkiesings vind vandag by vier vaste stemlokale in die Suide plaas nadat die Windhoekse hoërhof verlede jaar ’n uitspraak gelewer het dat die verkiesings by dié stempunte onreëlmatig was.

Die verkiesings van 25 November verlede jaar is nietig verklaar nadat sommige stemlokale vroeg gesluit is en die verkeerde stembriewe by ander stempunte gebruik is. Die hof het beslis dié onreëlmatighede is genoeg om ’n invloed op die verkiesingsuitslae te hê.

Die ongerymdhede wat voorgekom het, sluit in dat die stempunt by Glencoin in die Hardap-distrik vier ure te vroeg gesluit het, asook die verkeerde stembriewe wat by Koës en Stampriet se plaaslike owerheidsverkiesings gebruik is. - [email protected]

GRYSBLOKKIE

STEMPUNTE (Oop vanaf 07:00 tot 21:00)

Aroab: In die gemeenskapsaal en die ELCIN-kerk.

Koës: In die gemeenskapsaal en die gemeenskapsentrum.

Hardapstreek: Stampriet-gemeenskapsaal, ministerie van landbou – Hoachanas, Hoachanas-gemeenskapsaal, Laerskool Stampriet, P.I Groenewald Junior Sekondêre Skool, Hoachanas-polisiekantoor, Sekretaris-pan, Volgestruis-pan, Anib Lodge, Barnafay, Laerskool Witkrans. Uhlenhorst, Blumfelde, Derm-polisiekantoor, Glencoin, Kalahari-proefplaas en Stampriet-polisiekantoor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!