Suider-Afrika: Warm en droog
Kenners meen daar is steeds tyd vir vogtoestande om te verbeter, maar dit is onwaarskynlik dat die agterstand ingehaal sal word.
Elvira Hattingh
Verskeie streke in Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en Zambië het die afgelope 30 dae minder as die helfte van hul normale reëns ontvang.
In sommige plekke het minder as 'n kwart van normale reënneerslae geval.
Terselfdertyd sê kenners hoewel daar nog tyd is, is dit onwaarskynlik dat vogtoestande ten volle sal herstel.
Die Famine Early Warning Systems Network (Fews) sê in sy opsomming van wêreldwye weergevare vir 26 Januarie tot 1 Februarie beperkte reënneerslae in Suider-Afrika wek kommer oor 'n dreigende droogte, asook oor die beskikbaarheid van water en die oorlewing van gewasse.
Fews skryf groot dele van Suider-Afrika ervaar laat reëns, asook swak verspreide reënneerslae sedert die begin van die moeson.
“Hoewel reëns in November en Desember verligting van die droogte tydens die vroeë reënseisoen gebring het, was reënneerslae ondergemiddeld oor groter dele van Suidelike Afrika sedert laat Desember. Terselfdertyd is agteruitgang in die toestande van gewasse in veral Suid-Afrika en Zimbabwe opgemerk,” lui die opsommende verslag.
'n Moeson is 'n seisoenale verskuiwing in die heersende windrigting, wat gewoonlik ander weersomstandighede as die normale bring.
VOORUITSIG VAN FEBRUARIE AF
Volgens Fews word die huidige droogtetydperk geassosieer met abnormale moesonsirkulasie, waar die meerderheid van die swaar, seisoenale reëns oor Tanzanië, noordelike Malawi, noordelike Mosambiek en die noorde van Madagaskar voorkom.
“Die kombinasie hiervan met ongewoon hoë temperature in Januarie het daartoe gelei dat droogtetoestande aangemeld is,” lui die opsomming.
“Hoewel daar steeds tyd is vir vogtoestande om te herstel danksy die duur van die moeson is volle herstel onwaarskynlik.
“Dit kom in 'n tyd waar die seisoenale reëns in die gebied dikwels sy piek bereik.”
Voorspellers stem nie saam oor wat in die volgende maand kan gebeur nie.
Reënkaarte deur die Nasionale Sentrums vir Omgewingsvoorspellings dui aan daar kan in die komende week weer ondergemiddelde reën verwag word. Hoewel reën na verwagting in die tweede week in Februarie meer suidwaarts sal versprei, lyk dit of dit nie groot buie sal behels nie.
Daarteenoor voorspel die Internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing (IRICS) in 'n vooruitskouing van 16 Januarie dat die noordoostelike, oostelike, asook die hele suide van Namibië waarskynlik bonormale reën tussen Februarie en April kan ontvang.
Dieselfde word vir die westelike dele van Botswana en sekere streke in die Kaap voorspel.
LA NIÑA-TOESTANDE NEEM AF
Terselfdertyd meen die Australiese Buro vir Metereologie dat La Niña-toestande waarskynlik verby hul piek is, aangesien die seeoppervlak van die Stille Oseaan weer besig is om warmer te raak.
Volgens die buro se verslag wat op 30 Januarie uitgereik is, word gesê die huidige swak La Niña het sy piek in die afgelope weke bereik, maar dat dit teen herfs heeltemal gaan sneuwel.
Indien La Niña-toestande nie vir minstens meer as drie maande voortduur nie, sal die 2017-'18-seisoen nie amptelik as 'n La Niña-gebeurtenis kwalifiseer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie