Suiderhof-verdagtes vra borg
Suiderhof-verdagtes vra borg

Suiderhof-verdagtes vra borg

NAMPA
Die twee jong mans wat van die moord op mnr. Samuel Koopman (45) vroeër vanjaar in Suiderhof verdink word, sal vandag (Donderdag) weer in die Windhoekse landdroshof verskyn.

Dit om ’n formele aansoek om borgtog te bring.

Mnre. Marcel Groenewald (19) en Paul Ronnie Loots (23) het Dinsdag voor landdros Samunzala Linus Samunzala verskyn.

Hulle het versoek dat die hof hulle op borgtog van N$5 000 vrylaat.

Groenewald en Loots sê hulle is beide Namibiese burgers en is nie van plan om te vlug indien borgtog aan hulle toegestaan word nie.

Die twee het die hof meegedeel hulle sal in die land sal bly tot die moordverhoor afgehandel is.

Senior staatsaanklaer Rowan van Wyk het hul aansoek teengestaan weens die erns van die beweerde misdaad, omdat die ondersoek in ’n vroeë stadium is en weens die publiek se belangstelling in die saak.

Mnr. Jan Wessels tree namens die beskuldigdes op.

Koopman is op 1 Februarie omstreeks 19:30 in Suiderhof se Andimba Toivo Ya Toivostraat om die lewe gebring toe die beskuldigdes hom glo gesteek en sy maag oopgesny het.

Groenewald en Loots het op 5 Februarie hul eerste hofverskyning gemaak.

Republikein het voorheen berig die beskuldigdes werk saam as motorwerktuigkundiges naby die skougronde in die suidelike nywerheidsgebied en is glo vriende.

Die polisie het kringtelevisiebeeldmateriaal van ondernemings in die gebied gebruik, wat die beskuldigdes op die moordtoneel geplaas het. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!