• Tuisblad
  • Sake
  • Suikerbelasting kan 20% per liter Coke beloop
Suikerbelasting kan 20% per liter Coke beloop
Suikerbelasting kan 20% per liter Coke beloop

Suikerbelasting kan 20% per liter Coke beloop

Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker - Die suiker in ’n liter Coke in Suid-Afrika gaan met sowat 20% van die prys belas word, volgens ’n voorstel van die nasionale tesourie oor suikerbelasting wat Vrydag uitgereik is.
Die tesourie het Vrydag sy beleidsdokument oor die beoogde suikerbelasting op versoete koeldranke uitgereik.
Pravin Gordhan, minister van finansies, het in Februarie in sy begrotingsrede aangekondig ’n suikerbelasting op koeldranke kom in 2017.
Die aanbeveling is dat ’n suikerbelasting op versoete koeldranke gegrond op die suikerinhoud toegepas word. “Die benadering is dat versoete koeldrank hoog in suikerinhoud is en geen voedingswaarde het nie en daarom moet elke gram suiker daarin belas word.”
Die huidige beskikbare prys en suikerinhoud van koeldranke gaan as ’n verwysingspunt gebruik word. Die beraamde belasting kom neer op R2,29 per liter of R0,0229 per gram suiker in ’n liter.
Volgens die tesourie kom dit rofweg neer op ’n belastinglas van 20% vir die gewilde koeldranke soos Coke.
Vir ’n liter Coke waarvan die prys per liter in Mei R11,45 was, sou dit 20% van die prys beloop, luidens die dokument.
Vir versoete koeldranke wat nie voedingswaarde aandui nie, word voorgestel dat daar aangeneem word dat dit meer suiker bevat, naamlik 50 gram per 330 ml of 151,52 gram per liter.
Vergeleke daarmee bevat ’n Coke 35 g per 330 ml.
Dit sal hopelik as aansporing dien vir produsente om vrywillig etikette oor voedingswaarde te gebruik tot dit verpligtend word.
Onversoete melk en suiwer vrugtesap sal van die belasting vrygestel word.
Die voorstel vir ’n suikerbelasting volg nadat die departement van gesondheid ’n strategiese plan uitgereik het vir die voorkoming en beheer van nieoordraagbare siektes en ’n nasionale strategie vir die voorkoming en beheer van vetsug.
Die tesourie het in ’n verklaring gesê van die maatstawwe wat die departement geïdentifiseer het om toestande soos vetsug te bekamp is ’n belasting op kos met ’n hoë suikerinhoud. Dit is potensieel ’n baie kostedoeltreffende manier om dieetverwante siektes aan te spreek.
Volgens die tesourie dui literatuur daarop dat ’n 20%- styging in versoete koeldranke mag nodig wees om ’n wesenlike impak op aankope en verbruik en uiteindelik die vetsug en gesondheid van die bevolking te hê.
Die belasting sal as ’n aksynsbelasting geadministreer word.
Kommentaar op die beleidsdokument moet voor 22 Augustus gelewer word. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!