Suikertaks laat suikerverkope al met 30% tuimel
Suikertaks laat suikerverkope al met 30% tuimel

Suikertaks laat suikerverkope al met 30% tuimel

Francois Williams – Suikerverkope aan die koeldrankbedryf het van April tot September met sowat 30% gedaal vergeleke met dieselfde tydperk in die vorige seisoen, sê Trix Trikam, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (Sasa).

Hoewel dit volgens hom nog te vroeg is om met sekerheid te sê, is daar ooglopend ’n dalende neiging in suikerverkope weens die regering se sogenaamde gesondheidsbevorderingsheffing – algemeen bekend as die suikerbelasting – wat in April in werking getree het.

Dit kom nadat die nasionale tesourie vroeër syfers bekend gemaak het wat wys hy het van April tot September reeds meer as R1,28 miljard uit dié belasting ingevorder, wat 76% is van die geraamde verwagte inkomste uit die nuwe belasting vir die volle 12 maande tot einde Maart 2019.

Die ekstra belasting op suikerryke drankies het duidelik nie verbruikers se gebruik van koeldrank laat afneem nie, hoewel suikerverkope aan die koeldrankbedryf wel afgeneem het, soos blyk uit Sasa se syfers.

Volgens Trikam wys data van die Britse Instituut vir Ekonomiese Sake dat suikerbelasting nie mense hul inkopiegewoontes noemenswaardig laat verander in reaksie op duurder pryse nie. Verbruikers se reaksie is bloot om goedkoper handelsname te koop of na goedkoper winkels te skuif.

Trikam meen steeds onvoldoende oorweging is aan die volle impak van die suikerbelasting gegee, veral aan die onbedoelde gevolge vir die suikerbedryf, die landbou en die algemene ekonomie.

“Die belasting is ’n ontoepaslike finansiële instrument en sal nie die verlangde verlaging in vetsug in Suid-Afrika behaal nie. Gegrond op die wetenskaplike bewyse beskikbaar, is ’n belasting op suikerryke koeldrank ’n ondoeltreffende instrument om vetsug te verminder.”

Volgens Trikam wys ’n studie van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid dat die suikerbelasting die vraag na suiker met 200 000 ton kan verlaag, met ’n gevolglike verlies van 13 200 hektaar se suikerrietproduksie en 3 129 poste wat verlore kan gaan. “Dit sal nie die regering se strategiese plan steun om landbou vir ekonomiese groei en werkskepping te prioritiseer nie.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!