Suiwel soek kwytskelding van mededingingswet
Elvira Hattingh - Die Namibiese Mededingingskommissie (NCC) soek insette vanaf die publiek voor 30 April oor of ‘n suiwelskema, wat plaaslike melkproduksie moet steun, toegelaat kan word.
Dit volg nadat ‘n aansoek by die kommisie ingedien is om ‘n vrywillige skema van stapel te stuur waar handelaars ‘n sekere persentasie suiwelprodukte vrywillig eers plaaslik verkry, voor die tekort van die buiteland ingevoer word.
Namibia Dairies, FLM Fruits & Vegetables, CIC-verspreiders asook handelaars soos Choppies Supermarkets Namibia, Pick n Pay Namibia en Spar Namibia het die aansoek ingedien.
Die aansoekers meen so ‘n skema sal help dat plaaslike produsente voordeel daaruit kan trek wanneer Namibië se verbruik tot in 2027 na verwagting met 4,3 miljoen liter groei. Dit kan ‘n bykomende inkomste van N$800 miljoen beteken.
PRODUSENTE
Intussen het mnr. Kokkie Adriaanse, die Suiwelprodusentevereniging (SPV) se voorsitter, gister aan Republikein gesê plaaslike suiwelprodusente trek tans baie swaar, met voerkoste wat onuithoudbaar duur raak.
Adriaanse sê die afgelope maande het nog twee van die land se handjie vol suiwelprodusente uit die bedryf getree. Dit tesame met die feit dat die inperking beteken produsente kan nie meer plaaslik brouersgraan vir voer aankoop nie, lei daartoe dat heelwat minder melk geproduseer word.
“As ons produsente nou tot niet gaan, sal ons nooit weer kan opstaan nie. Dit is egter moeilik om produsente positief te hou,” het hy gesê.
Adriaanse meen produsente beskik oor die kapasiteit om in die land se vraag na suiwelprodukte te voorsien, maar dat besondere hoë voerkoste veroorsaak dat produsente sukkel om wins te toon.
“Voer is tans meer as 80% van ons uitgawes. Maande vantevore was dit tussen 70% en 75%. Ideaal moet dit nie meer as 60% tot 65% van jou uitgawes wees nie,” het Adriaanse gesê.
VERBRUIK
Tans verbruik Namibiërs sowat 38 miljoen liter melk en jogurt per jaar, waarvan slegs 42% plaaslik geproduseer word. Altesaam 60% hiervan is UHT-melk, 24% vars melk en 16% yogurt.
Die meeste UHT-melk is ingevoer (65%) terwyl die meeste vars melk plaaslik geproduseer is. Meer as 60% van die jogurt wat plaaslik verbruik word, is ook ingevoer.
Die Namibië Handelforum (NTF) skat, gebaseer op die huidige bevolkingsgroei van 1,8%, die verbruik van UHT-melk kan teen 2027 met 4,3 miljoen liter groei. Sonder die suiwelskema sal plaaslike produksie stagneer en kan dit selfs gestaak word.”
Hiervoor moet hulle egter kwytskelding kry op sekere vereistes in die mededingendheidswet, wat sê dat sekere praktyke of ooreenkomste nie tussen ondernemings aangegaan kan word wat tot nie-mededingende handel lei nie.
Die NCC sê dit kan dié kwytskelding verleen in gevalle waar daar uitsonderlike en dringende openbare beleidsregverdiging is.
Om te kan besluit of die kwytskelding toegestaan of geweier moet word, moet die mededingingskommissie kyk hoe die skema verskeie faktore sal beïnvloed, wat insluit die onderhouding en bevordering van uitvoere; hoe dit klein ondernemings (wat deur voorheen benadeeldes besit word) kan help om meer mededingend te raak en hoe dit die produksie en verspreiding van goedere en dienste kan verbeter. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie