Suiwelbedryf op sy knieë
Die voortbestaan van Namibië se suiwelbedryf het ’n kritieke punt bereik.
Ellanie Smit
Die langverwagte ineenstorting van die plaaslike suiwelbedryf lyk ál hoe meer na ’n werklikheid, met slegs sewe produsente wat oor is in dié sektor.
Nóg twee suiwelprodusente het onlangs hul uittrede vanaf einde Julie aangekondig.
Een van hulle is mnr. Kokkie Adriaanse, die voorsitter van die Suiwelprodusentevereniging (SPV), terwyl mnr. Christo Strydom, ’n bestuurslid van die vereniging, die tweede produsent is.
Namibia Dairies se Superfarm by Mariental is een van die oorblywende sewe melkprodusente.
Die bedryf het nog sterk in 2000 gestaan met 45 produsente.
Volgens die Namibië Landbou-unie (NLU) is 21 miljoen liter rou melk in 2019 geproduseer en 17 miljoen liter in 2020, terwyl slegs 12 miljoen liter vanjaar verwag word.
EINDE VAN DIE PAD
“Dit lyk asof die plaaslike suiwelbedryf die einde van die pad bereik het. Ondanks deurlopende pogings deur plaaslike belanghebbendes om die bedryf te beskerm, insluitend dekades se versoeke aan die regering om hierdie kwesbare bedryf te ondersteun en te beskerm, het die sektor 'n punt bereik waar hy moet bes gee,” het die NLU gesê.
Die vereniging het gesê ál hoe meer boere verlaat hierdie bedryf nadat hulle langer as 30 jaar deel was daarvan.
“’n Ineenstorting sal beslis 'n toename in werksverliese meebring, en finansies sal uit die land vloei vir ingevoerde suiwelprodukte. Mense se lewensbestaan word beïnvloed, en drome word verwoes.
“Dit is 'n hartseer waarheid dat die plaaslike suiwelbedryf, 'n belangrike komponent van die landbouvoedsel-ekonomie, ’n kritieke stadium bereik het.”
Die vereniging het bygevoeg die Covid-19-pandemie het aan die ander kant 'n situasie teweeg gebring waarin Namibiërs nie meer kan staatmaak op basiese goedere van elders nie.
“Namibië moet sy primêre produksie verseker sodat dit genoeg rou materiale kan verskaf om effektief deur die res van die waardeketting verwerk te word.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie