Suiwelboere kan dalk in 2020 meer vir melk kry
Lourens Schoeman
Die waarskynlikheid dat produsentepryse van melk vroeg in 2020 sal styg is groot – maar dit is ook 'n tweesnydende swaard, sê Bertus van Heerden, hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO).
Sodra die produsenteprysindeks vinniger styg as die verwerker- en die kleinhandelprysindekse, groei onverwerkte melkproduksie vinniger as wat die mark teen daardie prysvlakke kan absorbeer.
“Die resultaat is 'n diep sny in die produsenteprys vyf maande later. Dit is hier waar die risiko van 'n tweesnydende swaard materialiseer. As produsentepryse vinniger styg as die ander rolspelers wat stroomaf in die waardeketting is, is die risiko vir wye swaaie in die produsenteprys groot.
“Die inkremente en tydsberekening van stygings is ingewikkeld as gevolg van buite- en onbekende faktore soos die klimaat en die waarde van die rand. Die internasionale prys van suiwelprodukte is hoog en sal die invoer daarvan minder aantreklik maak.
“Die afwaartse momentum van die suiwelindeks het in Julie en Augustus verlangsaam. In September en Oktober het die neiging verander en in albei maande effens gestyg, en in November 'n sterk opwaartse momentum getoon. “Dit bevestig onsekerheid oor die beskikbaarheid van uitvoer en weerspieël 'n mate van senuagtigheid in die mark wat gelei het tot die hoë internasionale suiwelproduktepryse,” sê Van Heerden.- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie