Suiwelboere se insetkoste styg met 55%
Suiwelboere se insetkoste styg met 55%

Suiwelboere se insetkoste styg met 55%

Plaaslike melkboere verkeer onder geweldige druk omdat die produsenteprys nie die reusestyging in insetkoste reflekteer nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Boere in die geknelde suiwelbedryf se produksiekoste het die afgelope jaar met 55% gestyg.

Dit was die syfer het aan die lig gekom tydens die Suiwelprodusentevereniging (SPV) se bestuursvergadering in Februarie toe die produksiekoste-indeks vir dié bedryf bespreek het.

Die indeks toon dat die insetkoste van suiwelprodusente die afgelope jaar met meer as 55% gestyg het, terwyl hul inkomste gedaal het as gevolg van die produsenteprysverlaging van 30 sent per liter melk waartoe hulle ingestem het in ’n poging om die druk op Namibia Dairies te verlig, sê die voorsitter, mnr. Kokkie Adriaanse.

Die grootste rede vir die reusestyging is volgende hom die koste van veevoer, wat tussen 65 % en 70% van hul totale insetkoste verteenwoordig. Intussen het Voermeester aangekondig het dat veevoerpryse aan die begin van Maart weer sal styg.

“Suiwelprodusente het reeds alle moontlike kostebesparings in hulle boerderye toepas en is daar geen sprake meer van winsgewendheid nie, sê Adriaanse.

“Al kostekomponent wat nog oorbly, is arbeid. Dit beteken ons moet van ons werkers laat gaan.”

Dié vereniging het daarom ’n ernstige beroep op Namibia Dairies as die verwerker gedoen om die produsenteprys met 20 c/l te verhoog om te vergoed vir die prysverlagings wat hulle die afgelope jaar ter wille van die bedryf se oorlewing moes neem.

“Namibia Dairies het in November 2018 vir ons 10 c van die 30c/l prysverlaging teruggegee, maar ons wag nou om te hoor van die ander 20 c/l. Selfs al herstel Namibia Dairies egter die produsenteprys tot waar dit verlede jaar was, is dit steeds nie genoeg om ons boerderye winsgewend te maak nie. Hulle sal dringend na bykomende prysverhogings ook moet kyk,” sê Adriaanse.

Hy sê die SPV verwag om teen die einde van Februarie terugvoering van Namibia Dairies oor sy versoek te kry.

Wat die bedryf verder frustreer, is dat die implementering van die wet op die beheer van die invoer en uitvoer van melk en melkprodukte steeds sloer.

“Dit is kritiek belangrik dat hierdie wetgewing so gou as moontlik in werking tree om ons plaaslike suiwelmark teen invoere te beskerm. Dit was teleurstellend om te hoor dat een van die mense by die minsterie (van nywerheidsontwikkelings, handel en SME-ontwikkeling) wat daarmee gewerk het, bedank het. Dit is glo waarom dit sloer,” sê hy.

“Van die SPV se kant af wil ons verbruikers en die kleinhandel versoek om plaaslik geproduseerde produkte te ondersteun.

’N MUGGIE TEEN SA BEDRYF

Volgens Ohlthaver & List se 2018-jaarverslag het die 15 melkboere in Namibië verlede jaar altesaam 27 000 liter melk per dag geproduseer en dié groep se !Aimab-superplaas by Mariental 38 000 liter per dag.

Die totale produksie vir die jaar was dus 24 miljoen liter melk.

Melk SA het onlangs bekend gemaak dat 3 277 miljoen liter melk in 2018 in Suid-Afrika geproduseer is, wat 3,91% meer as in 2017 was.

Die verhoogte melkproduksie in 2018 het daartoe gelei het dat produsentepryse verlaag is weens vraag en aanbod.

Suid-Afrika se melkinvoere het as gevolg daarvan afgeneem en die uitvoere het toegeneem, berig Netwerk24.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer