Suiwelprodusente beloon

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Mnr. Johan Voges is as die suiwelvoorsiener van die jaar van die Suiwelprodusentevereniging bekroon.
Die naaswenner in die intensiewe afdeling is mnr. Christo Strydom en mnr. Willie Aggenbach het die derde plek beklee. Voges het ook die prys vir die beste vooruitskatting binne die volgende drie maande weggeraap.
Die prysuitdelingsfunksie was op Maandag 18 Julie by ’n lodge naby Mariental aangebied.
In die afdeling ekstensief is mnr. Johan Luck as die wenner aangewys met mnr. Hennie van Niekerk die naaswenner en die voorsitter, mnr. Japie Engelbrecht, in die derde plek.
Mnr. Dirk van Wyk het met die prys weggestap vir vir die laagste bakterietelling. 'n Nuwe prys is vanjaar bekend gestel, naamlik die Japie Engelbrecht-wisseltrofee vir die beste gehalte melk gelewer. Mnr. Christo Snyman is die eerste wenner van hierdie trofee.
Voorts het Engelbrecht bevestig dat die vereniging 1 000 liter melk per maand wat deur Namibia Dairies in langlewemelk verwerk sal word, aan die voedselbank sal skenk.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!