Suiwelsake op Gobabis onder die loep geneem
Suiwelsake op Gobabis onder die loep geneem

Suiwelsake op Gobabis onder die loep geneem

Die Suiwelprodusentevereni­ging het op 19 Julie sy jaarlikse vergadering gehou.
Ronelle Rademeyer
Indien die invoer van suiwelprodukte nie spoedig gereguleer word nie, staar die totale suiwelbedryf in Namibië 'n ernstige krisis in die gesig.

Só het die uittredende voorsitter van die Suiwelprodusentevereniging (SPV), mnr. Japie Engelbrecht, verlede week tydens dié vereniging se jaarvergadering buite Gobabis in sy voorsittersrede gemaan.

Hy het die plaaslike suiwelprodusente geprys vir die hoë gehalte melk wat hulle lewer, asook vir die bydrae wat hulle tot georganiseerde landbou in die land maak.

Engelbrecht het ook die plaaslike verwerker, Namibia Dairies, bedank vir die goeie samewerking en vertrouensposisie wat daar tussen hom en die suiwelprodusente bestaan.

Mnr. Anton Faul, die senior handelsadviseur van die Landbou Handelsforum, het die geleentheid bygewoon om bande met die produsente te versterk.

Hy het ook in 'n voorlegging die plaaslike suiwelbedryf binne die wêreldkonteks bespreek.

Mnr. Jompie Burger van Dairy Standards SA het oor biosekuriteit op suiwelplase gepraat en verduidelik hoe dit inskakel by die gehalte melk wat gelewer word.

Dit was ook 'n emosionele dag vir die bedryf aangesien Engelbrecht ná 30 jaar se onbaatsugtige diens aan die landbousektor, die tuig neergelê het.

Op die nuwe bestuur van die SPV is mnre. Kokkie Adriaanse (voorsitter), Dirk van Wyk, Christo Strydom en Pieter Strydom.

Die SPV het soos oudergewoonte ook sy produsente vereer vir hoë gehalte melk wat gelewer is. Dit is gedoen tydens 'n dinee by die Xain Quaz-ruskamp buite Gobabis.



Die toekennings was

soos volg:

• Die suiwelprodusent van die jaar (intensief) is !Aimab Superfarm, met mnr. Willie Aggenbach in die tweede plek en mnr. Kokkie Adriaanse in die derde plek.

• Die wenner van die Suiwelprodusent van die Jaar-toekenning ­(ekstensief) is mnr. Hennie van Niekerk, met mnr. Christo Lottering tweede en mnr. Dirk van Wyk in die derde plek.

• Mnr. Dirk van Wyk is aangewys as die produsent met die laagste bakterietellings en !Aimab Superfarm het weggestap met beide die toekenning vir produsent met die mees akkurate melkvooruitskattingsyfers asook die Japie Engelbrecht-wisseltrofee vir die produsent wat die beste gehalte melk gelewer het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!