• Tuisblad
  • Vervoer
  • Suiwelverwerking- en verpakkingsfabriek wink steeds vir streek
Suiwelverwerking- en verpakkingsfabriek wink steeds vir streek
Suiwelverwerking- en verpakkingsfabriek wink steeds vir streek

Suiwelverwerking- en verpakkingsfabriek wink steeds vir streek

Helené Bam
Beplanning aan die suiwelverwerking- en verpakkingsaanleg buite Gobabis gaan volstoom voort, volgens die goewerneur van die Omahekestreek, mnr. Festus Ueitele.
Om dié projek op die been te bring, gaan sowat N$6 miljoen kos.
“Ons het reeds ons voorstel aan die ministerie van landbou, water en bosbou oorhandig en ons wag nou op terugvoering,” het Ueitele gesê. Hy meen die projek sal boere toelaat om hul landbou-aktiwiteite uit te brei.
Studies oor die lewensvatbaarheid van die projek het reeds in 2013 begin. “Voorlopige studies wat die ministe­rie van landbou, water en bosbou in samewerking met die National Development Dairy Board of India (NDDB) gedoen het, dui daarop dat die projek wel winsgewend kan wees,” het Ueitele gesê.
Otjinene, Epukiro en Tsjaka is drie potensiële plekke waar die projek moontlik kan verrys.
“Ons het in hierdie stadium reeds tien gesinne wat melk, tradisionele botter en omaere verkoop. Dít is mos ’n aanduiding dat die streek suiwelprodukte kan vervaardig. Die streek staan reeds as beeswêreld bekend en ek kan nie aan ’n meer geskikte plek dink om die projek te begin nie,” het Ueitele gesê.
Volgens die voorsitter van die komitee wat die projek bestuur, mnr. Pio Nganate, word die vervaardiging van kaas, room en jogurt ook ondersoek.
“Ons wil graag hê die projek moet ’n grootskaalse impak op die gemeen­skap hê. Daarom wil ons nie net fokus op die verpakking van melk nie, maar ook op die vervaardiging en verpakking van ander suiwelprodukte. Ons deur staan oop vir enige sakevoorstelle,” het Nganate gesê.
Ueitele en sekere boere van die streek is verlede jaar deur die NDDB genooi om Amul-Anand in Indië te besoek om meer van suiwelverwerking en verpakking te leer. Amul-Anand is een van die wêreld se ­grootste suiwelmaatskappye.
- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!