Suiweringsaanleg van miljoene word beplan
Boorgatwater se mangaan- en ystervlakke sal verlaag word, terwyl sekere boorgate vir besoedeling gemonitor sal word.
Elvira Hattingh
Windhoek se munisipaliteit (CoW) gaan 'n tydelike watersuiweringsaanleg by die Pionierspark-opgaardam vir die verwydering van yster en mangaan in Windhoek se boorgatwater aanbring.
In die Market Namibia-tenderbulletin van 22 tot 28 Februarie vanjaar het besighede vir tussen N$7,42 miljoen en N$11,48 miljoen hiervoor getender.
Tenders vir dié aanleg, asook vir die monitering van die akwifer se water vir besoedeling by 31 boorgate het reeds op Woensdag 6 Februarie gesluit.
DROOGTE
“Weens die droogte en die vlakke van die damme wat Windhoek van drinkwater voorsien, moet die munisipaliteit méér water vanuit die akwifer se boorgate voorsien.
“Die boorgatwater bevat baie yster en mangaan en die tydelike stelsel moet aangebring word om die water te behandel voor dit die opgaardam binnevloei,” is in die tenderbulletin geskryf.
“Chloorgasstelsels moet by sekere opgaardamme aangebring word om seker te maak die boorgatwater word na behore ontsmet.”
MONITERING
Volgens die bulletin word sowat 100 tot 200 kubieke meter (m³) boorgatwater per uur aan die Pionierspark-opgaardam voorsien.
Dié water se ysterinhoud is 1,1 mg/l en moet tot 0,2 mg/l verlaag word, terwyl dit sowat 0,5 mg/l mangaan bevat. Dit moet tot onder 0,5mg/l daal. Besighede wat vir die tweejaarlikse tender aansoek gedoen het, wat behels dat die boorgatwater by 31 boorgate vir besoedeling gemonitor word, se tenderpryse het van N$395 575 tot N$1,05 miljoen gewissel.
Die boorgate wat gemonitor moet word, sluit twaalf by Kupferberg, een by die Goreangab-soutfonteine, drie by Nubuamis, drie by Ujams en twaalf naby Ramatex in.
Die tender is weer uitgereik nadat dit in Maart verlede jaar met vyf aansoeke gesluit het, en daarná in April weens 'n geldtekort gekanselleer is.
Tydens 'n mediatoer van die Windhoek-akwifer in Augustus 2018 is gesê die water uit die akwifer bevat nie net yster en mangaan nie, maar soms ook organiese materiaal.
Boonop is die boorgatwater uitsonderlik warm.
Daar is tydens dié toer ook gesê die boorgatwater word met chloorgas behandel om van enige bakterieë ontslae te raak, maar dié proses veroorsaak die oksidering van mangaan en yster.
WATER VERKLEUR
Dit kan veroorsaak dat die water enigiets van liggeel tot donkerbruin of swart verkleur.
Volgens die amptelike nasionale waterbestuurplan vir Sentraal-Namibië, wat verlede jaar deur NamWater bekend gestel is, is sowat 7,5 miljoen kubieke meter (Mm³) van 1 Augustus verlede jaar af uit die akwifer gepomp.
Volgens plan moet dié syfer tot 11 Mm³ in Mei vanjaar opgestoot word.
Toetse wat intussen op die akwifer gedoen is, dui aan die uitpomp van soveel water sal 'n impak op watergehalte hê, waarvoor die munisipaliteit voorsiening sal moet maak.
Indien die akwifer voortdurend teen dié tempo uitgepomp word, sal dit na wat verneem word teen April 2022 leeg wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie