Sukses ná vlaag rooftogte op Omaruru
Henriette Lamprecht – Die Namibiese polisie het verskeie verdagtes vasgetrek ná ‘n vlaag rooftogte Omaruru tussen 8 en 15 Januarie geteister het.
Dít volg nadat ‘n spesiale span, bestaande uit polisiebeamptes uit verskillende eenhede en onderafdelings binne die streek, by polisiereserviste op die dorp aangesluit het om hulle in dié ondersoeke by te staan.
Volgens adj. komm. Erastus Iikuyu, polisiewoordvoerder in die Erongostreek, is vyf roofverdagtes vasgetrek en is die meeste van die goedere wat in die rooftogte gesteel is, teruggevind.
Die spesiale span het ook vier ander verdagtes in hegtenis geneem, twee in verband met die besit van dagga en Mandrax, een wat na bewering ‘n selfoon by ‘n vrou gegryp het en nóg ‘n verdagte wat glo in die besit van gesteelde goedere gevind is.
Laasgenoemde is na wat verneem word tydens ‘n huisinbraak op Karibib gesteel.
‘n Totaal van nege verdagtes is ook tussen 15 en 19 Januarie in hegtenis geneem, en die meeste van die gesteelde goedere is teruggekry.
Dit sluit ‘n vuurwapen in wat in een van die huisbrake gebruik is.
Mnr. Petrus Hangula (39) is op Otjiwarongo vasgetrek in verband met die besit van een van die gesteelde selfone, terwyl mnr. Joseph Shikongo (42) en mnr. Simon Nelundu Shilongo (41) in verband met dieselfde roof in aanhouding is.
Volgens Iikuyu is ‘n rewolwer, wat na bewering gebruik is tydens ‘n roof in Junie verlede jaar by erf 312 in Kampanenostreet, op die dorp gesteel.
Tydens dié roof het die verdagte, wat glo met ’n mes gewapen was, na bewering die diefwering van ’n huis verwyder, die huisbewoner vasgebind en op geld aangedring.
Hy het na wat verneem word die kluis oopgemaak en twee .38 Special-rewolwers en N$9 000 se kontant gebuit. Een rewolwer is teruggevind.
Mnr. Thaley Tjiondo (43) is op 16 Januarie omstreeks 22:45 glo in die besit van dagga en mandrax in die Omaruru-omgewing betrap.
Mnr. Charlison Useb (28) is op dieselfde dag in Dr. Ian Scheepersstraat glo in die besit van 315 ballies dagga en crack-kokaïen ter waarde van N$4 680 betrap.
Al die bogenoemde verdagtes het reeds hul eerste hofverskyning gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie