Suksesvolle jaar vir skuts afgesluit
Jaggeweerskiet
Tielman van Lill
Die Namibië Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het onlangs sy jaareindfunksie in Windhoek aangebied waar talle pryse oorhandig was en die Namibiese nasionale spanne bekend gemaak is.
Die NHRSA beplan om dié geleentheid 'n jaarlikse instelling te maak om sy lede te vereer, asook sy waardering teenoor borge te toon.
Die individuele toekennings was soos volg:
Ondersteuner van die jaar: Richter Blaauw.
Mees toegewyde lede: Francois Marais junior en sy vrou Karola Marais.
Beste puntegemiddeld vir 2019: Francois Marais junior.
Beste vordering, vroue: Nicoleen van Rooyen.
Beste vordering, mans: Wolla Prinsloo.
O.11-penkop van die jaar: Christo van Rooyen.
Junior van die jaar: Hanré Cocklin.
Sportvrou van die jaar: Hantie Louw.
Sportman van die jaar: Francois Marais jnr.
Veteraan vir 2019: Francois Blaauw.
Senior van die jaar: Francois Marais senior.
Die nasionale spanne met die oog op die 2020 wêreldkampioenskap in Tsjeggië is:
Nasionale manspan: Francois Marais junior, Francois Marais senior, Nicolaas Marais, Strydom van der Wath, Gert Martins, Walter Kinnear.
Nasionale Presidentspan: David Francis, Piet Vorster, Johan van Zyl, Dirk de Beer, Hannes Cocklin, Jimmy O'Kennedy. Reserwes: Willie Langford, Gertjan Coetzee.
Nasionale vrouespan: Bets-Marié Coetzee, Christine Carstens, Hantie Louw, Melanie Grobler, Tanya Cocklin, Silke Grobler en Wathy van der Wath (spanbestuurder).
Nasionale .222- en .223-span: Francois Marais junior, Strydom van der Wath, Francois Marais senior, Nicolaas Marais, Wittes Marais, Ferdinand Schnaitmann. Reserwes: Karola Marais en Johannes Jurgens van Zyl.
Die NHRSA het van 7 tot 9 November sy jaarlikse Sven Ahrens-gedenkbekerbyeenkoms aangebied wat ook sy laaste kompetisie vir 2019 was.
“Die NHRSA bedank al ons skuts en borge wat die sport passievol ondersteun en laat groei,” het me. Bets-Marié Coetzee, skakelbeampte van die vereniging, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie