• Tuisblad
  • Sport
  • Suksesvolle Liverpool weer reg vir titel-wedloop
Suksesvolle Liverpool weer reg vir titel-wedloop
Suksesvolle Liverpool weer reg vir titel-wedloop

Suksesvolle Liverpool weer reg vir titel-wedloop

Sokker
Liverpool het 2018 die jaar van seges gemaak en Jurgen Klopp se span is op pad terug Engeland toe met nóg 'n groot trofee in die sakkie. Nou vir die Premierliga.

Liverpool het Saterdag die Wêreldklub-kampioenskap in Doha, Katar, verower toe hy die Brasiliaanse span Flamengo met 1-0 ná bykomende tyd verslaan het.

Dié oorwinning was Liverpool se derde belangrike trofee in die laaste ses maande nadat hy die Uefa-kampioeneliga in Junie verower het. Hy het dit opgevolg met 'n sege oor Chelsea in die Uefa Superbeker-stryd aan die begin van dié seisoen.

“Die jaar 2019 was fantasties vir die klub,” het die Reds-verdediger Virgil van Dijk gesê.

“Maar ons moet nie hiermee tevrede wees nie. Ons sal meer wil hê, harder moet oefen en probeer om meer trofeë te wen,” het hy bygevoeg.

Van Dijk was terug in die span teen Flamengo nadat hy die halfeind­stryd-sege oor Monterey weens siekte misgeloop het.

Die Wêreldklub-kampioenskap word nie baie hoog geag in Europa nie, veral omdat dit gewoonlik in die middel van 'n besige seisoen gespeel word. Sake is anders in Suid-Amerika en mens kon dit sien aan die groot getal Brasiliaanse toeskouers in Doha Saterdag.

Niemand by Liverpool sal egter ontken nie dat die groot fokus by dié historiese klub is om die Engelse Premierliga-titel vir die eerste keer te wen. Die laaste keer dat Liverpool as die kampioen van Engeland bekroon is, dertig jaar gelede aan die einde van die 1989-'90-seisoen, het dit nog as die Eerste Liga bekendgestaan.

Dit was die einde van twee dekades waar Liverpool Engelse sokker totaal oorheers het. As jy toe vir ondersteuners gesê het hulle sou minstens 30 jaar moes wag om weer die kampioen te wees, sou niemand dit geglo het nie.

Klopp se span het verlede seisoen tweede geëindig ná 'n naelbytstryd met Manchester City.

Liverpool is onoorwonne in die Premierliga sedert die eerste wedstryd van die jaar, weg teen City. Hy het sedertdien 25 uit 26 wedstryde gewen en in een gelykop geëindig.

Daar was Saterdag nóg goeie nuus vir Klopp se span met Leicester City, tans tweede op die puntelys, wat met 1-3 teen Manchester City verloor het.

Die Reds het nie veel kans vir feesvieringe nie en pak self vir Leicester in 'n wegwedstryd Donderdag. 

– Sport24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!