Sun City-gholf lok rekordskares
Sun City-gholf lok rekordskares

Sun City-gholf lok rekordskares

Gholf
Die Nedbank-uitdaagtoernooi, jaarliks die hoogtepunt op Suid-Afrika se gholfkalender, het vanjaar ’n rekordgetal toeskouers na Sun City gelok.

Volgens die organiseerders het 76 383 toeskouers van 14 tot 17 November die aksie by die Gary Player-buiteklub dopgehou.

Dit is die meeste toeskouers sedert dié toernooi in 2013 deel van die Europese reeks geword het en oortref verlede jaar se syfer van 74 978.

Op die Saterdag én die Sondag van die toernooi het meer as 20 000 toeskouers op Sun City toegesak.

Vanjaar se toernooi is deur die Engelsman Tommy Fleetwood gewen ná ’n verstommende eindpoging, maar sterk vertonings deur Louis Oosthuizen en Zander Lombard het straks bygedra tot die groot belangstelling.

Die organiseerders het ook statistieke bekend gemaak wat illustreer watter enorme infrastruktuur benodig word om ’n toernooi van dié kaliber aan te bied.

Volgens hulle is daar by vanjaar se toernooi altesaam 3 km spitspaalheinings en 1 400 ton steierwerk opgerig, 13 km groen skadunet gespan, 20 km veselkabel uitgerol en 230 liter verf gebruik. Die tentgeriewe wat opgeslaan is, het 14 327 vierkante meter beslaan. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!