Sun International sluit klaar sy hotelle, casino's
Sun International sluit klaar sy hotelle, casino's

Sun International sluit klaar sy hotelle, casino's

William Horne



Die hotelgroep Sun International sê hy gaan Dinsdag reeds begin om sy hotelle en casino's te sluit.

In 'n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, sê die genoteerde maatskappy hy gaan Dinsdag op ­verskillende tye al sy bedrywighede staak.

Die sluiting sal geld tot die einde van die staat van ­inperking op 16 April.

Sun International bedryf 25 hotelle en casino's in Suid-Afrika.

Die maatskappy sê 'n beperkte aantal van sy ­personeel sal wel steeds op van sy persele aanwesig bly om die ­instandhouding en sekerheid daarvan te verseker.

Die gebrek aan inkomste kom teen 'n hoë prys. Sun ­International sê hy is reeds in gesprek met sy ­krediteure om te verseker hy het genoeg kontant.

Hy het ook met belanghebbendes, insluitend ­vakbonde, gekonsulteer oor kostebesparings wat hy kan instel tydens die staat van inperking om sy ­verliese te probeer beperk.

“Die volle finansiële impak van die coronavirus op die maatskappy sal eers bepaal kan word sodra die staat van inperking gelig word en die gevolge daarvan behoorlik beoordeel kan word,” sê die maatskappy.

Die gevolge van dié “buitengewone en onsekere tye” sal waarskynlik verreikend wees, maar die ­maatskappy sê hy bly daartoe verbind om die impak op sy besigheid, sowel as sy werknemers en beleggers, sover moontlik te versag.

Sun International se mededinger Tsogo Sun het reeds voordat die staat van inperking aangekondig is, begin om van sy hotelle te sluit weens die skerp daling in besprekings.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!