Sunchaser4 ‘drink’ Nambiese son op epiese tog

’n Vierde generasie sonaangedrewe voertuig het gister by die Namibiese kus aangekom op sy 2 153 km reis vanaf Pretoria tot Swakopmund.
Augetto Graig
Augetto Graig – Sunchaser4, ’n sonaangedrewe voertuig, het gisteroggend om agtuur die laaste skof van sy epiese 2 153 km tog vanaf Pretoria na Swakopmund, in Windhoek afgeskop.
Die bestuurder, mnr. Ryan van Greunen, het te midde van groot belangstelling by die Christuskirche, wat seker dié bekendste Windhoekse landmerk is, vir hierdie laaste skof weggetrek.
Volgens dr. Tiaan Oosthuizen van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het die span nog gisteroggend gehoop om ’n ekstra draai by Hentiesbaai te maak ten einde 500 km in een dag af te lê.
Die Namibiese deel van die roete het op Ariamsvlei begin en deur Karasburg, Keetmanshoop, Mariental en noord na Windhoek gestrek waar die span Saterdagmiddag aangekom het.
Hulle het by St. Paul’s Kollege gaan stop om leerlinge van die skool ’n geleentheid te gee om die voertuig van nader te bekyk. “Die projek gaan daaroor om studente op te lei,” sê Oosthuizen.
“Projekte van eerstejaar- tot finalejaarstudente asook nagraadse meesters- en een doktorsgraadstudente is ingespan op hierdie kar. Die tegnologie wat op die kar gedoen is, word nou op die pad getoets. Die studente is hier. Hulle bestuur ook self die kar. Hulle is deel van die span,” sê hy.
Nog ’n ander strewe is om mense bewus te maak van die tegnologie en daarom vorm skoolbesoeke deel van die program, voeg hy by.
Sunchaser4 is ’n vierde generasie sonkragvoertuig. Die tydsduur vir die ontwikkeling, veilingheidstoetse, produkverkryging en die bou van die voertuig was sowat twee jaar, sê hy.
DIE ONTWERP
“Die kar self het ’n een kilowatt sonpaneel op die dak. Dit het een sitplek. Die ontwerp van die onderstel lyk amper soos ’n katamaran, of boot.” Dit is uitgehol in die middel om lugweerstand van voor af te verminder, verduidelik Oosthuizen en sê die voertuig is ook baie lig en weeg net onder 200 kg. Dis volledig van koolstofvesel gemaak.
“Ons kan so 120 km per uur ry, maar omdat die paaie bietjie nouer is en vir veiligheid, bly ons onder 100 km per uur. “Ons is heeltemal wettig op die pad, met al die permitte en papiere wat ons benodig,” sê hy.
Ná die Sunchaser4 hoop die span om die volgende weergawe van die sonaangedrewe voertuig met meer sitplekke te ontwerp en te bou, sê hy. “Ons wil graag ’n voertuig hê met deure aan die kant waar ’n mens kan inklim in teenstelling met hierdie een waar ’n mnens van bo af moet inklim,” sê hy.
Oosthuizen is egter nie oortuig dat sonkragaangedrewe voertuie binnekort kommersieel beskikbaar sal wees nie. “Daar bestaan reeds sulke voertuie in Europa en Amerika, maar hulle is baie duur.” Hy sê Afrika en Suid-Afrika se infrastruktuur is nog nie reg vir hierdie voertuie nie.
“Binnebrandenjin-voertuie sal nog ’n lang tyd met ons wees,” sê hy.
[email protected]

FOTO’s Augetto Graig
Die Sunchaser4 sonkraggedrewe voertuig.
Die Sunchaser4 se stuurwiel lyk soos iets uit F1.
Mnr. Ryan van Greunen klim agter die stuurwiel van die Sunchaser4 sonkraggedrewe voertuig terwyl sy medebestuurder mnr. Mpho Mogadima hom help.
Die Sunchaser4 kry krag deur 'n een kilowatt sonpaneelstelsel op sy dak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!