Supermarkte in Zim lugtig vir 'bond notes'
Zimbabwiese supermarkte wou nie Maandag die nuwe betaalmiddel – oftewel “bond notes” – aanvaar nie.
Die nuwe Zimbabwiese geldeenheid, wat volgens die Reserwebank van Zimbabwe (RBZ) dieselfde waarde as die Amerikaanse dollar het, verruil egter glo op die swartmark teen ''n swakker koers van drie teen een.
Volgens Fin24 was groot supermarkte in Harare, insluitend Pick n Pay en OK Zimbabwe, nie openlik bereid om die obligasies as betaalmiddel te aanvaar nie.
Op Twitter het ''n aantal Zimbabwiërs ook gekla dat kleinhandelaars en vulstasies nie die nuwe geld wou neem in ruil vir goedere wat aangekoop word nie.
“Noudat #Bondnotes ingestel is, kom ons gebruik dit om die regering of die staatsinstellings te betaal,” het ''n gebruiker met die naam Cecil the Lion getwiet.
Die RBZ het Maandag begin om die nuwe geldnote in die mark te stoot en banke het die geld deur die formele kanale begin versprei. Aan foto''s op Twitter lyk dit of dit meestal $1-muntstukke en $2-note is wat in gebruik gestel is.
Straatsmouse het wel Maandagoggend die nuwe geld as betaalmiddel aanvaar, maar supermarkte het hul kommer uitgespreek.
“Ons wag op die regering om vir ons voorbeelde van die nuwe geld te wys. Miskien sal ons vanmiddag die geld aanvaar nadat ons amptelike voorbeelde ontvang het,” het ''n bestuurder van ''n OK-supermark in Harare volgens Fin24 aan teleurgestelde klante gesê.
By Pick n Pay en die TM-supermark se takke in die middestad is die obligasies ook nie aanvaar nie.
''n Opsiener by een van die supermarkte het gesê die winkel wag nog op goedkeuring om die geld as betaalmiddel te aanvaar.
Die meeste klante betaal met hul bankkaarte vir aankope te midde van ''n ernstige kontantkrisis in die land.
Zimbabwiërs is skepties oor die waarde van die nuwe geldeenheid, wat volgens die regering deur ''n lening van $200 miljoen onderskryf word.
In 2008 het baie mense hul spaargeld verloor, pensioene se waarde is uitgewis en die bevolking is in armoede gedompel toe pres. Robert Mugabe op groot skaal begin geld druk het om vir die algemene verkiesing te betaal.
Die gevolg was hiperinflasie en die ineenstorting van die plaaslike ekonomie. Hierna het die land die Amerikaanse dollar as betaalmiddel aanvaar, maar omdat hy baie meer invoer as wat hy uitvoer, is daar ''n voortdurende tekort aan buitelandse valuta in die land. Die Amerikaanse dollars wat in Zimbabwe in omloop is, is ook meestal voos gevat en val uitmekaar. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie